Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou kyk hoe luv die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra en as ‘n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra soek diamante in sy oë vra hom of hy glo in die liefde en of hy omgee vir die diere […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]
Die s(eerste) liefde
die populiere langs die N1 se loof is aan’t verkleur net soos wat dit immer met elke herfsbegin gebeur * ek dra nou stories op my hande daar’s r(ou) verhale in my oë (liefde’s nie vir altyd nie tog ~ eens het ons dit geglo) en ek vertel dit vir die mossies ook vir die […]
De Hoop
Die vrou loop in die skemer sy loop haar eie pas met afdraande paadjies deur enkelhoogte gras. Tot waar sawens se son – klatergoud – oor water gly eer dit wegsink in koper newels ‘wyl bloot net skadu’s om haar vly . . . Sy wis die spieëlgladde blink sal aanstons verdwyn na die donker, […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Sterre hang nie net in die donker hemel nie
ek stap laatdag oor ‘n Weskus-strand oor ontelbaar klein klein korreltjies sand en ek voel die grofheid van die skulpgruis (hoe dit skuur en krap) oral waar ek kaalvoet trap en ek hoor die dofluid dreuning (dis die breking van die branders) en die donderende !klap! van water teen ‘n rots ek proe die […]
My Weduwee-gebed
Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se kop werk. Jy sien ‘n geleentheid […]
God se lappie grond
Vrygewig soos ’n geil stuk grond, spruit lewe uit haar, voorsien en deel sy uit sonder perke. Soms deurgetrap en verlep onder ’n ongenaakbare son, verduur sy dikwels ’n somber lot gedwee. Geduldig en nederig soos ’n lappie grond wag sy gelowig dat Sy genade op haar neer reën, sodat sy weer begeesterd aan ander […]