Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]
NA DIE MOORD
Na die MOORD In die groot sitkamer van die herehuis op die landgoed Beatitúde kom die gesinslede stadig, een na die ander, ingedrentel, sommige ontspand, sommige senuweeagtig. Die inspekteur staan in die dubbelglasdeur en kyk oor die teras op die goudrooie landskap uit. Hy geniet die vars môrelug op hierdie stralende Herfssondag. Momenteel lyk alles […]
‘n Ander Eva . . . Eva* van die Kaap
Eva was ‘n meisiekind, ‘n Khoikhoi van die Kaap. Bedags het sy in die veld gespeel, snags het sy onder die Suiderkruis en ‘n goue maan geslaap. Sy’t geweet hoe klink die uil se roep en die jakkalswelp se huil. Die kras van ‘n honger see-meeu het in die holte van haar keel geskuil. Ook […]
Adderleystraat
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
Die SKILDERYPRYS
Die SKILDERYPRYS Die Grootprys vir die beduidendste nuwe skildery word toe deur ‘n man gewen wat eintlik glad nie voorgehad het om deel te neem en nie eers ingeskryf het nie. Dis ‘n reeks klein blaaie wat sy vrou ingedien het in die tyd toe hy in die stoepkamerateljee bedlêerig so siek was dat ons […]
Ek sal onthou
as die wolke pers word bo die gras wat groen soos dit hierdie seisoen in die Vrystaat doen as die see haar branders laat skuim oor die sand ek weer kaalvoet loop oor ‘n blinkwater strand as die lug so newel en die berg verbloem maar my najaarsaalwyn oranje lemoen as swawels sweef oor die […]
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]
Dertien letters teen die blou
miskien, in die laatheid van die lente een oggend, in die vroegste môre-uur wyl eerste lig oor die wydste Karoo teen skamel gras en bossies vuur – dalk, net so neffens Beaufort-Wes waar koue klip tot gouebruin verkleur en lammers teenaan heiningdrade wei vind ek – per abuis – ‘n gompouveer en doop dit in […]
Alikreukel (klanknabootsing)
Na soveel jare sit sy weer in stilte met die hol skulp teen haar oor. Sy sluit haar oë. As sy die sagte suising van die see kan hoor sal soete klanke haar – soos tóé – bekoor. Die ~shhhhhh~shhhhhh~shhhhhh~ sal salige berusting bring. Maar vér verby die alikreukel fluistering, druisss die waters tot in […]