‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma Ma, die woorde uit jou mond is altyd soet – soos die fynste suiker, soos heuning – elke gedagte uit jou hart. Al swerf ek oor die hele aarde heen, al sou ek elke huis en ruimte verken – nêrens sal ek jou gelyke vind nie. Want jy is soos […]
‘n Wit stoel met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van England)
Beste Shirley Ek sit vandag hier op ‘n wit stoel by ‘n tafel met goue eetgerei. Dis ‘n warm sonskynmiddag aan die einde van April. Glo dit as jy wil, maar ek sit nou langs die see op ‘n plek waar net die rykstes van die rykes woon – met blykbaar net sjampanje en vonkelwater […]
Sy verstaan als
Tussen die blaaie van ‘n moeder’s geheue, Op die kroontjie van haar hart Gly-gly Die ouderdom verby. Ek’t jou so lank terug ontmoet, Ek’t die ontmoeting nie onthou. Ek was gebore in ‘n sagte wereld, ‘n stukkie van jou. Deur die halms van addololsensie Het jy hulpeloos wou gryp na jou kindjie in die wiegie […]
Ek laat weet jou net
Die okkerneute het toe mooi gegroei – so ook die amandels. En wyl ek weer deur gister’s boorde loop breek ek ryp vye in my hande oop. © Carma Shaw 19 April 2017
Broos, hanteer saggies
Sy post prentjies op haar timeline purper, pers en pruimframboos – elke foto het ‘n blompot elke blompot het ‘n roos. Soms staar sy net deur ruite oor ‘n kuspad, na die see. Soms ruik sy net die soutwind en die witmis wat stil oor Valsbaaistrande vee – totdat lankal-koue koffie haar uit drome laat […]
En nou kan ek nie slaap nie
Die dag lê my gedagtes vol – van varkies in oranje tot by die verste blouste see. Van misreën in die oggend tot waar die hunker van my lyf met die soelheid van ‘n herfsdag innige verbonde smee. Van woorde uit ons monde tot by vrae wat stom – en sonder antwoord – agter geslote […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
Die DAME SHONAGON se KOPKUSSINGBOEK
Die Dame Shonagon se Kopkussingboek Die Keiser het die Keiserin in haar kamervlug besoek, en sy diener het agter hom aan ‘n stapel papier gedra. Dit was ‘n swaar las en het bestaan uit ‘n pak vars nuwe bloeiselwit papier wat ‘n ambassadeur hom as aantreegeskenk gebring het. „Majesteit,” het hy gesê, „Skattie, ek het […]
Nog nuttelose informasie (maar ek wou jou net laat weet het . . . ) 3
Dis nege in die oggend – dit ruik na reën hier in die Kaap. By ENGEN vlieg ‘n hadeda oor die vulstasie se dak en in die Quick Shop staan Huisgenoot en Son langs Engelse koerante op die rak. Die Burger is vanmôre vroeg reeds uitverkoop. Ek drink koffie by die tafel (langs ‘n venster) […]
Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]