Betogers
kele oopgerek stemme oordonder ore moeë gesigte onder glimlae verberg oë elders swart vrydag vort bemark dieselfde materiaal klere kakie uniforms netjies plat gestryk party gesigte op regalia geprint alles goedkoop China gemaak getroue gelowige ondersteuners op basiese oorlewings vlak hul honger net genoeg brandstof vir môre se uit te reik na nog, ń vader […]
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]
Plakkersvryheid
Getuienis : Gedig Plakkersvryheid geskryf en kortverhaal 7390 woorde GEKOOPTE GELUK met albei visie van wit plakkerskamp te Klerksdorp omgewing. Na skryf hoor ek daar is so kamp. Wou nooit gaan kyk. Word vanoggend uitgenooi om vir Oases of givers te gaan help met poppekas optrede sondag middag te Uitkoms wit plakkerskamp net buite Klersdorp. […]
‘n klug (BRONS)
ek is vasgevang êrens in leemte tussenin twee verdeelde wêreld gehok in pyn met magteloosheid verlang ek na rustigheid my droomland waar groen gras groei horison geel geverf land gevul met aroma met voëltjies kletter en diere veilig wei maar dis ‘n klug waar die realiteit slaan my in verlange
Erin
“Sinneloos, magtag, het jy in jou lewe iets meer sinneloos gesien,” en hy slaan die groot vuis op die tafel hier langs my sodat die koffie bo-oor die rand stort. Ek ken Bart Groene seker twintig jaar, nee ses-en-twintig jaar om presies te wees, en nooit het ek hom so ontsteld gesien nie. Hy draai […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
Geen woorde meer
Geen woorde meer Gedagtes dwarrel letters skarrel die kant toe daardie kant toe niks wil gaan lê in ‘n vorm wat iets sê drome dra idees maar verdwyn in vlees beelde borrel woorde dobbel ‘n roulet met geen verset letters, woorde, paragrawe gesteel deur swart rawe donder slae staan verslae sinne hak vas niks wil […]
Soeke
Soeke, April 2010 “Ek sal jou ruïneer, ek sal jou verneder, ek sal die wêreld wys die wonderlike Dr. Reza Ciske is niks anders as ʼn siek sielkundige wat haar pasiënt met haar siek persoonlikheid tot selfmoord gedryf het nie.” Harde woorde wat bedoel is om te raak, en seer te maak waar niks nog […]
Die som van liefde
Die Som van Liefde Hy staan laatnag in die deur van haar kan¬toor, blousel blou oë, regop blonde stokkies hare, en die stempel van die jeug op sy bruingebrande gesig. Sy stem is verskonend, skaam, “Ekskuus om te pla, ek is op soek na professor Checkzkova,” en daar kom ʼn vlietende rooiheid oor sy gesig, […]
Bande wat Bind
Bande Wat Bind Die woede in haar ruk haar ingewande soos ʼn vyf op ʼn Richter skaal — ‘Wie de duiwel dink hulle is hulle,’ Flits dit deur haar gedagtes wanneer sy die vreemde skeerroom ruik, en die groot skoenspoor in die sneeu sien. Sy gly geluidloos oor die sneeu na die buitehuis, sit die […]