Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]
Pennie in die sand
Pennie in die sand As ek maar net, nog kon droom oor ons ou land sou ek werklik droom van ’n pennie in die sand die verre, verre verlede toe kinders nog kinders was die verbeelding van stories op die radio, nie op die kas kleiosse, modderkoekies, boomklim en speel in die water wegkruipertjie en […]
’n Ruimtetuig vir ’n lentekind
stuur vir my ’n lugballon wat deur die ruimtes swewe verby bome, oor teerpaaie, deur wit wolke wat patroon van hier tot daar waar Tulbagh aan Saronsberg se voete (in die lente) lê en droom want lentekinders kort ’n lugballon wat deur die bloutes wewe: oor koringlande – ryp van aar, plasse water wat weerkaatsings […]
Sleutels van Geluk
draai nie vas by mense liefde gebaseer op jou wense kortstondig is die lewe laat jou broekspype nie bewe drome kan ewigdurend lewe solank jy dit nie begrawe waar gedagtes groei na genade wis dit nooit uit hul plek verniet maak dit ‘n voldwonge feit klou vas aan jou sleutel van geluk die daeraad nogsteeds […]
DIE KRITIKUS
ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Terug
TERUG Die soetmuf papierreuk…. en letters en woorde stroom deur na die lamplig tuimel uit soos tevore en ritsel en voetstap saggies trap op die stofmat want Brolloks en Bittergal wil jou opraap en wegvat En luister net – Lúister wat die fyndruk wil fluister *’n Biblioteek was nog altyd vir my ‘n plek van […]
Gee my ‘n rede
Gee my ‘n rede ‘n rede om weer te glo te glo in al die mooi aan sons’ondergang se rooi Op sagte seesand in die nag vir die maan te wag waar silwer drome my opnuut weer sal laat glo in die wonders van liefde Gee my ‘n rede wanneer ek opkyk na die sterre […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]