Valentynstrik
Golwe klou met seekatarms
my brein flikker rooiligalarms
liefde is in die lug
ek reken dis alles ‘n klug
liefde is mos nie flenters papier
wat uit vensterraampies gluur
of prentjies op bekers wat loer
en so leë harte moet voer.
Nee, dis hartklop galop
hoog loop en opskop
saam lê en luister
wat dit is wat die stilte fluister.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek