Jongste aktiwiteit:

Valle del diablo

Sirenes ruk Bertus uit sy rustige diep slaap. Daar is geen polisie, ambulans of brandweer in hierdie klein dorpie nie. Hy spring op en is net betyds om die ambulans te sien verby spoed. “Waar kom die vandaan?” brom hy onderlangs terwyl hy vinnig aantrek.
Die vraag van soveel mense wat die dorpie besoek is: ‘Is dit ʼn plaas of ʼn dorp en waarom is dit nêrens op enige kaart aan gebring nie’, waartydens die inwoners dan net die skouers optrek, skeef glimlag, omdraai en wegstap. Daar is wel ʼn rede. Jare gelede het ʼn Engelse-pionier met ʼn groep Spaanse-slawe die vallei sy woning gemaak. Hy was wreed en ongenadig en soos wat kan verwag word, het die slawe in opstand gekom en hom en sy hele familie uit gemoor. (Natuurlik is hierdie brokkie nuus nooit oorvertel nie.) Hulle het die plaas geokkupeer en steselmatig met ontwikkeling begin. Naburige dorpe het in ruil vir groente, begin handel vir ander lewensmiddels en kort voor lank is die eerste handelhuis gebou. Die Spanjaarde het die dorpie “Valle Del Diablo” genoem, beter bekend in Afrikaans as “Duiwelslaagte” met verwysing na die vorige eienaar. In die negentien-tagtigs maak die Fourie familie Duiwelslaagte hulle heenkome. Bertus en sy vrou het ʼn meer rustige area gesoek en met sy polisie agtergrond en die oproep van die Spaanse gemeenskap om wet en orde hier te handhaaf, het hulle nie eers twee keer daaroor gedink nie.
Dit is Maandag die 3de Julie 2017. Bertus haas hom na waar die ambulans met draaiende ligte voor ou dominee Abel Gonzales van die klein gemeenskapskerkie woon.
Dominee Abel het sy graad bekom in ʼn Afrikaanse kweekskool en omdat dit of in Engels of Afrikaans moes wees, het hy besluit op Afrikaans, net nog ʼn voordeel vir die nuwe Afrikaanssprekende intrekkers. ʼn Diep Christen is hy genoem deur almal wat hy mee te doen gekry het.
Hy was eers by die kamerdeur gekeer deur mediese personeel, maar nadat ou Dominee se vrou, Agata, Bertus se amp verduidelik het, is hy toegelaat. Die gesig wat op Bertus egter wag, is iets wat hy nie verwag het nie. Die mure is bespat met groot hoeveelhede bloedspatsels en op die kopstuk van die ou bed is in bloed net die een woord “traidor” of verraaier in Afrikaans. Bertus vang homself dat sy mond half oop hang, Soveel haat het hy selfs in sy hele polisie loopbaan nooit gesien nie.
“Ek kan niks verder hier doen nie. Wanneer kan ons sy oorskot en die outopsieverslag kry?”
“Ek kan ongelukkig nie nou sê nie, maar ek sal jou op hoogte hou.”
Bertus klap die hoofmediese beampte op die skouer, knik sy kop en stap met hangende skouers terug na waar Emilie vir hom staan en wag. Sy trek hom styf in haar arms. “Wat is fout my skat?” vra sy versigtig.
“Dominee is oorlede?”
“Waaraan?”
“Vermoor Emilie, vermoor. Soveel hatigheid en wreedheid het ek in my dag des lewens nog nooit gesien nie.”
“Wie…” Sy voltooi egter nie haar sin nie. Bertus het reeds in die kamer verdwyn. Die vreemde uitdrukking in sy gesig bring ʼn ongemaklike roering in haar binneste.
Tien minute later kom hy te voorskyn met sy polisie uniform aan en sy Vektor Z88 aan sy, sy. “Waarheen gaan jy, lief?” vra sy sag
“Ek wil net ʼn leidraad nagaan.” Sê hy kortaf “Jy bly in die huis, sluit die deur agter my. Jy laat niemand in nie… ek bedoel wat ek sê: Maak nie saak wie dit is nie, jy laat niemand inkom behalwe vir my nie.” Hy kyk haar lank diep in oë voordat hy omdraai, die deur toe trek en weg stap.
Bertus stap verby Dominee se huis, en by ʼn ou geroeste tuinhekkie stop hy, kyk op na die ou vervalle huis en stoot dan die hekkie oop. Dit kraak spookagtig en hy wonder of hy hom nie moet oop los nie. Hy stoot dit egter versigtig toe terwyl hy uit die hoek van sy oog die huis dop hou. Een van die kamer gordyne roer effens, maar dan is alles weer stil.
Sowat vier maande gelede het Diego Arriola hier op gedaag van af Mexiko. Sy houding teenoor Bertus was van die eerste dag af stief. Wanneer hy verby Bertus gestap het, het hy hom op en af gekyk en dan in sy rigting gespuug. Kort voor lank het hy ʼn kleingroepie jongmense gehad wat hulle aan sy kant geskaar het. Hulle aggressiewe houding teenoor Bertus het hulle vir geen oomblik weg gesteek nie. Die broeiende onrus was duidelik en nadat dominee in ʼn dorpsvergadering op gestaan en die saak aan gespreek het, het die groepie soos een man op gestaan en hom uit gejou. Hy het probeer om met hulle te praat maar is telkens dood geskree. Hierna het Bertus op gestaan hulle skerp die swye opgelê. Hulle het op gestaan hulle stoele om gegooi en uitgestap. Diego het ʼn oomblik by die deur gestop, sy hand stadig opgetel met sy vinger in die rigting van ou dominee gewys, sy oë gepriem vir ʼn oomblik en maak dan asof hy ʼn skoot met ʼn handwapen aftrek. Gryns vir ʼn oomblik en bars dan uit in ʼn wrede psigopatiese laggie. Die laaste van hulle groep slaan die deur hard agter hom toe. Die stilte duur net vir ʼn paar oomblikke maar almal sou beaam dat dit heelwat langer gevoel het.
Hier waar Bertus staan in die voortuin van Diego, die man wat hom haat met ʼn passie, die man wat hom haat om ʼn rede wat hy glad nie verstaan nie, is hy bekommerd. Hy weet nie wat vir hom wag nie, is daar wapens daar binne… wat wag vir hom daar binne? Onverwags swaai die voordeur oop en voor hom staan Diego in al sy glorie, uitdagend kyk hy Bertus loodreg in die oë. “Soek jy iets policia? Gaan liewer huis toe, voor jy seer kry!”
“Diego, wat is jou probleem?”
“Jy is my probleem, jy kom plak hier tussen ons en maak of dit jou plek is. Whitey jy hoort nie tussen ons nie. Ek warn jou, vat jou goed en gee pad. Ek gee jou one week dan…”
“Dan wat?” vra Bertus uitdagend
Diego gee weer een van sy grynslagte, kyk Bertus weer loodreg in die oë en antwoord. “Dan sal ons sien Whitey, dan sal ons sien.”
“Diego, jy het nie groot geword hier nie, nou kom verstoor jy die rus en vrede van ʼn goeie gemeenskappie.” Bertus probeer hom uit die huis lok, hy weet sy bravade is gekoppel aan sy gevolg wat naby genoeg aan die deur staan, net gereed om uit te storm… wel dan het hy ʼn probleem. Hy sien kans vir Diego, maar nie vir die hele spul nie.
“Whitey, ek warn jou gee pad hier, of ons plant jou ook soos die eerste Whitey wat gedink het hy kan ons manipulate.”
“Hoekom kom sê jy dit nie hier voor my nie?” lok Bertus hom verder uit. Die knip van sy holster mhet hy so ongemerk moontlik los gemaak.
Diego wat met sy skouer teen die deurkosyn aan gelê het, staan skielik regop en in die dieselfde beweging pluk hy ʼn afgesaagde haelgeweer agter sy rug uit. Bertus is egter gereed. Hy pluk die Z88 uit sy holster en vuur terwyl hy links duik. Die skoot tref Diego net in die skouer en hy slaan die deur voor hom toe.
“As jy my soek, kom haal my uit Whitey. Hier vrek jy vandag!” skree Diego terug.
Oor en weer word beledigings geslinger, dit duur vir etlike minute voordat Diego iets sê wat veroorsaak dat Bertus sy asem skerp intrek. “Whitey, is jou vrou nog alright?”
“Wat bedoel jy Diego?”
“Daar is niemand wat na haar kyk terwyl ek jou hier besighou nie.”
“Diego, as jy ʼn vinger teen my vrou optel sal ek persoonlik elke been in jou liggaam breek… hoor jy vir my.”
“Hie… hie Whitey, ek dink dit is te laat. Terwyl ek jou hier besig gehou het, het ek iemand gestuur om jou vrou besig te hou. Sy kan mos nie so alleen wees terwyl haar man so ver is nie. Buitendien gaan jy vrek en dan, dan Whitey sal ek my wil met haar hê.”
Wat Diego nie besef het nie was dat hy Bertus genoeg kans gegee het om tot net buite die deur te kom en met ʼn dreigement teen sy vrou is hierdie oud SAP lid tot op sy laaste kerf gedryf. Hy storm die deur en sorg dat hy daarmee saam grond toe gaan. Saam met die gebreekte deur skuur Bertus oor die vloer. Die 9mm blaf twee keer kort na mekaar. Terwyl Diego stadig teen die muur neersyg rol Bertus agter kas in. Sy onverwagse reaksie bring die hele klomp van stryk en almal gooi die wapens een kant en hulle arms in die lug.
“Op julle mae,” blaf Bertus kortaf “wie is na my huis toe?”
“Samuel” antwoord een van hulle bewend.
“As hy haar iets gedoen het vrek julle almal vandag.” Hy bind hulle almal vas met ʼn stuk tou wat hy in die ou motorhuis opspoor het. Hy hardloop na sy huis maar ʼn paar huise van sy eie begin hy van skuiling tot skuiling die agterdeur nader. Gelukkig vir hom is die agter deur oop en katvoet baan hy sy weg deur die huis na die sitkamer waar hy stemme hoor. Hy kan duidelik hoor dat Emilie kort duskant ʼn senu-ineenstorting is. Haar stem is hortend terwyl ʼn ander stem hard bly skree dat sy moet uittrek. Skuim vorm in die hoeke van hierdie oud polisieman se mondhoeke, die kneukels op sy gebalde vuiste slaan wit uit. Vir die eerste keer in sy lewe verloor hy homself, storm die sitkamer binne en voor hy homself kon keer blaf die Vektor twee keer.
Stadig verlaat die lig die verbaasde Samuel se oë, en dan val sy liggaam slap enkele tree van waar die verbouereerde Emilie op die bank sit. Haar hele liggaam ruk en skud van skok en rou trane dreig om haar uit mekaar te skeur. Bertus storm vorentoe, tel sy vrou op en hou haar beangste liggaam styf teen hom aan. Dit was eers lank daarna wat haar rukkende liggaam en hortende asemhaling tot bedaring begin kom het en Bertus die polisie en ambulans kon skakel.
Vrede het weer terug gekeer na hierdie pragtige gemeenskappie. ʼn Week later is ou dominee Abel tot ruste gelê in die ou kerkhof. Psalms en gesange het weergalm tot laat daardie dag. ʼn Nuwe begin vir hierdie gemeenskap, maar is dit die einde van probleme…
Sal ons ooit weet?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed