
Vlietende Gedagtes
gedagtes stotter
flikker ongemaklik deur
die newel van
gister, môre drome
sonder definisie
of herhaal.
wakker skrik, was.
wag dan vir
die vel om te klat
in spatsels
van onthou.
vat raak
die vae gevoel
van party sinapse
wat ongenooi wikkel
in die brein.
altwee is ewe ongemaklik
vlietende siel momente,
as ongenooide
gaste.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.