
Waar my spore lӗ
My hart trek vandag
‘n punt na die wye Bosveld
die herinneringe neem my terug
na die sonsondergang
wat hang op ‘n berg se rug
Na die skoonheid
van die sterre en “Piet my vrou”
se roep wat in my ore weerklink
waar my siel vrede vind
Kaalvoet loop ek in die pad
ek wil jou nog gaan wys
kyk hoe lyk
my kinderparadys
Gesteelde tyd, sommer net ‘n oomblik
dan gaan die wêreld staan
kleure vermeng in ‘n beeldskone kunswerk
net ek en jy en die son wat ondergaan
9 Kommentare
-
-
Koekekranka
Hoe verlang ek nie!!!
-
neels
Palet op haar beste
-
Inkmoderator
Dit is 'n heerlike ode aan die liefde van die digter. Ek hou van die vloei; die vers lees heerlik gemaklik en daarom is hy juis geslaagd. 'Kinderparadys' sal egter een woord wees, Dankie vir jou bydrae tot hierdie besonderse projek. Groete IM
-
Inkmoderator
Palet, ek gaan gou die verse na waar voorstelle gemaak is en ek moet bieg ek het nie by die hierdie vers opgelet dat die kappie op die [e] in die titel ook reggemaak moet word nie. Sal jy asb. die aanpassings maak. Gebruik ALT + 136 vir die ê. Dankie IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek