herberg
herberg Oh, how I miss you tonight, miss you while lights are low… more than you’ll ever know…each moment, though we’re apart, you’re never out of my heart… but I’d rather be lonely, and wait for you only…Frank Sinatra vandag dink ek weer so erg aan jou waar ons tussen beton, ons vingers in mekaar […]
Vriendskap
Vriendskap is ‘n skat In die hemel se bank. saamwees tye Skitter elke dag. Met vriendskaps drade aanmekaargebind. Saam dink en doen, in more se onthou-jy-boks geplaas, In kuier tye blink gevryf en uit gehaal. Van vooraf word gelag Oor snaakse dinge saam gedoen. Pyn en seer die is gedeel. Om wonde te verbind, is […]
Sielevensters
Sielevensters Jou oë is die sielevensters van jou diepste gevoelens en emosies haat, jaloesie, woede, venyn, sluheid, en bo alles die liefde en straal alles onverbloemd uit daarom kyk jy weg, ontwyk met versluierde ooglede, en jou trane van vreugde en verdriet sê die Psalmis hou Hy in Sy kruik en is aangeteken in Sy […]
Tussen murasies se drome
My wit-blink-bont gedagtes lӗ op koringstrooi waar dit tandeloos na my kyk en lag Gister se spore is vergete mǒre se drome is reeds gemete vandag is ons geӫrfde wete Treurig nog die nag se huil waar donker skudu’s skuil om uit die gloeiende hemeltrans met ‘n geroep die son te groet
‘N BRIEFIE
Ek skryf vir jou ‘n briefie in die modder na die laat middag reën se plof kombers se kuier voorvoer vir my penveer skryf ding se honger lus op die bladsy van die oop veld se twee spoor grondpad waar dit wag vir jou om oop te maak Ek skryf vir jou ‘n briefie en […]
LAMPPALE
Nederig in gelid gerig staan die stroewe bewakers in ‘n akkurate ry die maer skraal stutte van die kollig lamppaalligte tussen blok sypaadjies in ‘n agterstraat Die dag sterf eensaam terwyl die nag soos ‘n skim in neonsgewaad druipstert delf tussen gister se rommel ashope op soek na beloftes toegevou vir jou en my Blok […]
PANTOFFELS
Ek los my nag se pantoffels by die dag se oggenddeur en stap getooi in my gebruikte lewens leerskoene die dagbreek in Ek hang aan die Drakensberg se groen lappies lippe en kielie die forel strome met ‘n verbygaan lag terwyl ossewa spore vermom lê tussen kruipgras en aanstap klipsteen paaie word Ek dros saam […]
Sonder Jou
Sonder Jou Ek dompel die ondenkbare gedagte in die doofpot en smoor dit dood uit my gedagtes uit want om jou te verloor gaan die son , maan en sterre vir my verduister in ‘n ontydige eklips van rou, en die blomme sal geskok verwelk en geurloos hangkop in die briesie treur en ek sal […]
Die gelag van stakers in onderbroeke
Daar moet tog seker ’n stukkie humor in die doringklap van elke dag sit? Ek en die buurman, die kantoorwerker by die motorhawe oorkant die straat en meeste van sy lyfwagte, weet dat onse landsleier nie die mees geskikte persoon in die pos is nie. Ja, die agbare impi-danser weet dit moontlik self ook, maar […]
Routyd
Routyd In die ou dae was daar ‘n vasgestelde routyd ingestel vir ‘n paar maande ongeag hoe opreg die verdriet maar uit ordentlikheid en tradisie was ses maande lank in swart gerou en na drie maande die opsie in ligte pers, maar die mans enduit ‘n swartband om die baadjiemou— Vir ses maande lank is […]