Onthou Jy Nog.+-
Onthou jy nog? Ek ken nie die vreemde verre lande en stede nie my voetspore lê nie daar nie maar tussen Namibduine en weidse twagrasvlaktes met uitgestrekte bossieveld afgewissel en onder koel kameeldoringbome— Ek onthou die verkwikkende donderbuie en nataarde ruik na ‘n uitmergelende versengende hitte en muggieplae— ‘n Paar dae later stap ons hand […]
Krummel die jare
Krummel die saagsels jaarringe wat versplinter in die boom se bas die wind verdwaal in sy eie spoor waar reӫndruppels in ‘n moddergat lӗ Elke jaar het sy eie skim Elke keer is ‘n afskeid Elke keer ‘n nuwe begin want elke dag is soos blare in die wind Die idee van tydelikheid die bevryding […]
WOORDE WAT VLIEG
WOORDE WAT VLIEG Helder soos die son, slaan goudgeel uit ’n geveerde lyf. Blink bou bloed in die inkaar van ’n pen wat wil skryf. Onrustig hou die swart ogies die hemelruim dop. Groei ’n gedagte tot woorde wat vermeerder en opkrop. Die geel vlerkies word gesprei, sy pootjies trippeldans. Woorde vermeerder rasend, gee die […]
IN AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Drome Kan Waar Word
Drome Kan Waar Word My liefste, my lewensasem, my rede vir bestaan, laat ek vannag die beminde droombeeld wees wat die glimlag om jou lippe laat speel, laat ek die een wees wat jou sagte lippe in droomland kus en die rede is vir die sagte vreugdeglans in jou oë, en laat dit my liefdevolle […]
My Hooglied
My Hooglied Ek wil my liefde in ‘n hooglied besing, maar met geen breedsprakerige hoogdrawendheid nie want my tong is nie baie welsprekend nie en die woorde ontbreek soms, daarom sing ek my loflied in eenvoudige taal en roep die wonderskone stilswyende natuur as getuies om my liefde in hul volle prag te weerspieël en […]
….FRATS-ONGELUK BY STRAAT 9….
Dit was net so diskant sewe toe Peter die oproep kry, en die ongelukkige nuus in sy harde hart in vat. “Meneer Du Preez daar was ‘n ongeluk, Debra het gesit dat ons haar hare doen vir julle huweliksherdenking vanaand, sy het te lank met die ding op haar kop gesit. E…..e…ek is vreeslik jammer!” […]
Die digter is ‘n onbekende landdros
(Die digter is ‘n onbekende landdros soos dit in hulle tydskrif verskyn het, en in die tweede deel het my swaer,toe ook nog ‘n landdros dit aangepas vir my ma se troosdiens) Is dit, is dit. Daar staan ‘n man op die Biedouw se rand, hy staan en kyk kyk na die land— Wie het […]