OGGEND
Die halfmaan skud net so voor die nuwe maan sy donshare af en skil skerwe van sy wit toga tussen die sterre uit en ek sien hoe die groen gras liefdesbriewe uitstuur om die dag se bok-bok nukke te paai tot lag Die dou kom soek skoor by my voorstoep kielie die malfaplante met yswater […]
KOM RY SAAM MET MY
Asseblief tog toe kom ry saam met my dan wys ek jou die son se lag as hy opstaan in die oggend en die mis se lafaard strepe as hy wegsmelt voor die somer se oggendhitte Ry saam met my dan wys ek jou die oopvou van ‘n oggend blom as hy die nag se […]
LOUIE SE PSALM
Ek kyk na die swaeltjies kommerloos in vlug en hoor God se Woorde Ek maak jou vry Ek kyk na die os sien sy juk en hoor God se Woorde My juk is lig Ek kyk na die miere geen sweep dryf hul arbeid en hoor God se Woorde die oes in die lande is […]
sterre reën
saffier smarag blou en groen die dag liefde woed sug ‘n robyn se gloed vol krag is my gees ek dra die vlag vreesloos my hart sterk van moed geloof dapper skarlaken lewe bloei woestyn van pyn skroei en vloei koud hartseer en alleen reën en reën sterre trane glinster blink in jou oë diamante […]
My Liefdevolle Aardse Ouers
My Liefdevolle Aardse Ouers As kind onthou ek my liefdevolle ouers was altyd beskermend rotsvas en sterk daar, en ek het gedink hulle sal vir altyd onsterflik daar wees — As die trein vakansies voordag op Karasburg stop en jou oë sy gestalte op die skemer perron soek was hy daar, altyd betyds daar, en […]
Dig kompetisie -NB uitgewers (Tafelberg) – Nuwe stemme 6. Sperdatum 30 Nov 2016
Charl-Pierre Naudé is ’n bekroonde digter met vier bundels agter sy naam. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg, en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie en die Proteaprys vir poësie. Bibi […]
Eggo’s van die lewe
Kom sit hier langs my jy lyk moeg vanaand maak toe die gordyne luister na die wind daarbuite Hou my hand dans met my omhels hierdie oomblik vir altyd tussen jou en my Die wind sing sy eie lied nie net van hartseer en verdriet want tussen verlies en besit lewe en sterfte skyn die […]
Hou die dagboek op datum …
mallemeule…rondomtalie dinge deurmekaar in my kop hou maar die dagboek op datum ek kry dit nie gestop pak die skool se kosblikke moenie nasorg vergeet onthou die hanswors-pak dis mos klaar gemeet onthou die gimnastiek klere sit dit alles in jou sak vat die veldskool vorm saam ek het my handtekening daar geplak onthou vanaand […]