net vir jou
net vir jou mag jou lees aan die skryf van my pen, die gretige blaai deur my woord, sag ink deur jou laat vloei en oor jou vingers verblou dat jy kan weet dis net vir jou… as woorde sag oor my gemoed insink en beelde van mooi my diep aanraak, gryp my gedagtes na […]
Respek
Respek Vriendskap is ‘n duursame en kosbare besitting wat mooi en met respek hanteer moet word en het sekere hoedanighede want sê die spreekwoord vir ons ‘‘a friend in need, is a friend indeed” Dis baie broos en breekbaar en op elke vriendskap pryk ‘n waarskuwende etiket “FRAGILE, handle with care” Beekbaar, hanteer versigtig— Ook […]
Dis Droogte
Dis Droogte Die damme is byna leeg en ek moet vandag op die warm tweespoor grondpad dorptoe— Dis ‘n droë somerverjaarsdag en skril langasem sonbesies sing en verskree oorverdowend alles dat hoor en sien vergaan— Wat kan ek haar uit diepe liefde gee ? Dis droogte, ek het nie genoeg geld vir luukse goud en […]
Dit kon ek of jy gewees het
Op die openingsblad van ’n video greep op die sosiale netwerk waar ek soms rondblaai, lê daar iets in die palm van ‘n man se hand wat net soos ‘n bok se ingewande lyk. Ek druk die “speel” merkie op die skerm en skielik is die beeld duidelik en met die kamera se naderskoot wriemel […]
Kaggel tyd
Ek was rustig in myself gelukkig in my alleenheid die son het onder gegaan die son het opgekom Toe het jy gekom en teen my beter wete knik die hart … is bowe my verstand Dit kom alles daarop neer ek moet my tyd vat hierdie keer en sal hard probeer weer en weer Solank […]
Alcatraz
Op ‘n verlate eiland het ek na jou gedelf maar al wat ek kon kry was versteende ghwano op die venserbanke van ‘n gepansterde Alcatraz. Swart tralies het jubelklanke toegespin terwyl die kras van die seemeeue die bleek uit my irisse steel en verdwaalde krappe het sku onder die gruis van my voete kom teel. […]
Drome
Drome Ek droom van ‘n lente waar reëndruppels pienk perskebloeisels neervlei oor sagte grond. Ek droom van sagte winde wat die lente saai met geure van laventel en jasmyn. Ek droom van seisoene roosblaarsag – waar sy liefde my immer sag omhels en sy soene my verlei, … ek droom … Kopiereg Liz Barnard 2016 […]
Skilderdoek klonte
Swart koffie drup filter ink Swart vlekke wat in my siel insink Versuip en smeer Smeer die gedagtes en visioene Deurmekaar in kleur klonte op ‘n hoop, in ‘n hoek Met vuil vingers smeer dit op my skilderdoek Verf strepe buite die lyne Slordige spatsels van random verlange Leë siele lê rond in tente Voos […]
Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]