Bekruip
Jy soek spore in my woorde wat ek vermom, ek loop lig word nooit stom Jy hoor my sag ver; om jou heen waar ek stil wag vir nou: versteen
Tuin Tapesirrie
Lourestines neem soos onkruid oor wit viooltjies het hul blou verloor, oral deur rank duiwelsklou duisendskoon verdor vergrou. My do-ring koester rose geel wyl venushaar geurig smeul, min water laat erepryse verlep clarikas blom -word stem behep. Tussen tulpe blou ex facia soos my hart na kwepers lus, Vir jou my Geel akasia… woorde wat […]
Najaarsroos
Herfs se roos blom toe die mooiste, smeulend pienk vol vlam en vuur. Wis sy dalk die seker wete – hiérdie is haar laaste uur. Herfs se roos laat val haar blare, sy voel die lou son teen haar vrug. Sy weet die winter is op hande, sy glimlag wrang voor sy berus. Herfs se […]
MODDER HANGMATTE
Die swaeltjies fladder soos koerantpapiere vanoggend in die onsigbare wip windgolwe bokant die verlate stasie rond waar hulle die onderstebo fondasies vir hulle modder hangmatte maak. Hulle ruil skinderstories uit met die passasiers van die lugstroom treine wat saam met tyd se wysers vanuit die Noorde inrol by die vergete stasie om modder hangmatte te […]
Kan Auntie vir my ‘n broodjie breek
Liewe Auntie Mona my hart se binneskeur is so diep soos die grand canyon in ‘n verre land want Auntie sien, die lewe het sy som gemaak en die dice het my lot bepaal Die ding staan dan nou so; my cherrie het my die grootpad gewys want sy is oorrompel deur die wit hingsperd […]
Bome, Paadjies en Feë Maatjies
Die groep van ses loop teen ‘n stywe pas oor die ongelyke grond paadjies deur die woud. Carla is fiks genoeg om deur ‘n inkopiesentrum te warrel, maar hierdie natuur stappie laat haar bene brand. Sy’s seker dat hulle nog nie eens twee ure aan die gang is nie, maar dis defnitief tyd vir ‘n […]
Lente-daeraad
Duisternis het strak voor sonstrale gewyk en nou lê die lunabal boepens, bleek en skaam opgerol onder doukombers ver buite die songeselskap om tog nie tande te tel, met stom lippe, ongehoor maar knipperoog van sien gesoog; sikspens drome is reeds opgewonde gehang aan die rooi van ‘n geswelde perskewang. © Anzé Bezuidenhout
‘n Bietjie van dit en ‘n Titseltjie van dat
Bietjie van dit en Titseltjie van dat Emosies het soveel gemengde skakerings hulle bruis onverwags op in jou gemoed en jy wonder soms vanwaar almal kom— Dalk die sintuie se inwerking om elke bui van jou gemoed te meng met ‘n bietjie van dit en ‘n titseltjie van dat of net ‘n knypie van dit […]
Winde van verandering
Gister het die masker jou gefaal, wegkruip kan jy nou nie meer nie, ons toekoms is in die weegskaal, jou oë kan onmoontlik nie lieg nie! Dis liefde wat openlik daaruit straal, ek kan my nie langer blind hou nie, want die boodskap wat dit uitstraal: “ons is nie net sommer maters nie!” […]