Vreemde weë
Vreemde weë Met Kersfees op hande, het die manne gedink, versterk hul ou bande deur ’n glasie te klink. Hulle skink elk hul glasie so ’n viervingersvol vir ‘kommunikasie’ en om lekker te jol! Koor Vlug vir die Duiwel en vir Bachus my maat hul verlei net hul baklei net pasop vir te laat want […]
Sneeuverslag (Julie 2016)
Nog ‘n vlokkie val op Erfdeel* bo die Hexriviervallei. Oor Matroosberg daal ‘n stille vrede neer. En kranse lê in wit gewaad – bo De Doorns – langs vaalbruin wingerde verby. Witsieshoek se liggies glim in ‘n Vrystaatnag vol skemer. By Clarens beeld ‘n doringboom in ys. En Ficksburg hou sy asem op . . […]
Titel
Titel Heeldag gespartel om klaar te kry met al my dag take sodat ek kan kom skryf. Met ink op pappier wil ek jou gevoelens deurboor en vasnaal in ons taal. Hak en tak gaan dit soms om n title te vind maar vir jou gaan ek in n liedjie bind My oog vang vir […]
Liefste Daisy
Wyd kwas jou kleur palet die silhoeëtte van die najaarsblom padlangs tot vér teen die oosterkim se verdwaal, waar God se hand kwistig jou gesiggie gevorm het tot ‘n asemrowende prag op ‘n vlak so kaal. Kon ek maar die saad “mors” in my eie hart, Heer sodat hul wild en onbeheerst kon groei, dorstig […]
Melkbosrant trek.
Melkbosrant trek. “Jirre Oompie, die nuus het vandag gekom dat die Goewerment onse plek nodig het en dat hulle ons gat skuiwe.” Jiems Basson het gevoel na sy pyp in sy hemp se bo-sak en geklop op sy broekspyp om die sakkie Springbok twak op te diep. “Wat te hel meen jy? Dis seker weer […]
Tweestryd
Tweestryd Hoe wonderlik is die mens geskape om te kan dink en droom en verbaal uiting te gee aan gevoelens, skeppend te wees en deur woord en lied te juig, ween, vertroos, betig en onderrig en nie slegs op prikkels van buite reageer nie en dat rede ver verhewe is bo instink en sing, praat, […]
As die najaarsblom kon praat . . .
As die blosende kleur van die kosmos, as najaarsblom kon praat sou dit die mooi van die lewe verhaal of sou dit dalk die seer van liefde vertaal? Sou die doudruppels wat op tenger stuifmeeldraadwimpers kleef vertel van ‘n lewe in vreugde geleef; terwyl die fynheid van haar blarevag vir beloftes van nuwe môres wag? […]
Wintersnag
Wintersnag In die koue donker Wintersnag daal sy skadus in sy prag. Uit gestrek kom sit langs my uit sy oe skyn geen lig vir my My kop hang teen sy bors vlerke omvou met sy yslike koue, sus hy voort die lied van die dood in die Wintersnag op n valse noot Vas gevang […]
Moeder [Heimwee]
Moeder [Heimwee] Met hartseer snikke gaan ek deur die dag Goor verlore die wete dat u my Moeder, Se aardse lewe is nou deel van die verlede… Maar nuwe deure Mamma, en n nuwe lewe. Ek kan net nie help om te wonder hoe dit daar In die hoogs beroemde Hemel kan wees… Haar stem […]
Rasionaliseer 2
Skeur die groot prentjie in fyner fragmente segmenteer, redeneer kompartementaliseer reorganiseer denke. Plak weer kleurloos die prent bont aan mekaar waar pyn in gom lê as lasplek aanvaar. Ek verstaan nou beter maar jy mag geskeur in my skepping pryk.