Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
Resensie: MY HART DANS, die film
My Hart dans, die film ‘n Seuntjie kom in die winkel om kaas te koop; die winkelier is besig met pryse uitreken met ‘n leweransier. „Hoeveel kos drie-honderd kilogram van dit-en-dit teen soveel-en-soveel ‘n kilo? En twee-duisend liter van dat? En dat…? En dat…? Nou my kind?” Soos uit ‘n pistool kom die antwoord geskiet, […]
Resensie: VYF-EN-VEERTIG MINUTE NA RAMALLAH, die film
VYF-EN-VEERTIG MINUTE na RAMALLAH, die film Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van ‘n palestynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na ‘n woedeaanval tydens ‘n stryery – tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in […]
Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat […]
Die rotsvalk se oorwinningsvlug
As jy met jou luimerende musk en sandelwood aroma (wat soos klam dennenaalde en mos in die lug hang) robuust agter my lyf inskuif om in my sagte voue koesterplek te kry, vul ‘n vrede (soos die vlug van swaels na somer kontinente) my hele wese. Vou die akropolis van jou manwees om versteende druk-skeure […]
~ Sestien jaar gelede het ek vir die eerste keer begin lewe ~
Vandag, tien jaar gelede, staan ek vroegoggend langs ons swembad in Upington, met ‘n koel luggie wat deur my hare speel. Ingedagte skep ek verdwaalde blare uit die swembad en my gedagtes draai soos altyd rondom my leë baarmoeder, rondom die doodsheid binne my. Twaalf verspilde jare kleef aan my vlees, laat my wees, want […]
~ Oor hom kan ek nie dig nie, ek sal moet skryf ! ~
~ Oor hom kan ek nie dig nie, ek sal moet skryf! ~ Pa word sewentig en vanaand is sy aand. Ek sit voor my skerm want skryf moet ek oor hom skryf! ‘n Gedig ?…Nee sien, hy rym nie soos ander rym nie en sonnette en kwatryne is tien teen een meisies uit sy […]
Soos ‘n Roos
Laat jou hart lyk soos die pienk van die roos en wees soos die sy-sagte blomblare wat sy arms teer met liefde omvou. Wees soos die pêrels van die dou wat skitter en blink in die oggend vars wat sag val op die oog en fleurig die hart Wees teer in die vlees en streef […]
Ons mag dit alles nie misbruik nie.
Ons mag dit alles nie misbruik nie. Ons is fisies goed toegerus vir ons daaglikse lewenstake met twee hande wat beter is as enige outomaat of robotskepping want dis vlees en bloed en het tassin, so wat doen ons daarmee? Speel en werk met oplig en neersit, vashou eet skrywe skilder, enige skeppende werk, liefdevol […]
(on)Heilige grond
(on)Heilige grond “Unhappy is he to whom the memories of childhood bring only fear and sadness.” – H. P. Lovecraft Gebede kenter in kerkbanke: windgordel jou stém wat Sipresse ontwortel. Ek stik in die stank van wierook maar bid tóg saam, swartpeper op die stoof – om demone weg te hou, sien – Jou psigose […]