Jongste aktiwiteit:

2018(Bladsy 215)

duskant dageinde weerklaag ʼn woelsieke hart naas ʼn bottelbrief branders breek bruisend trek en strek en sif deur sand waar strandlopers staar oor waters van vredensvloed sluier skemerskim die dag in kalm lafenis gloei vergulde golfkamme salwend siele-seer ©Loretta Szikra 24 Nov 2017 * Neologismes: bottelbrief, vredensvloed, skemerskim, weerklaag (weerklink + weeklaag) Haikie-Tanka-Haikoe

Soos die maan saans magies om die sterreryk dans manifesteer denkbeelde efemeries in somerliefde-trans ramifiseer my gedagtes lossinnig deur tyd – in gunter-geluk en verganklikheid flankeer my denke dartelend weg van nou ewigdurend dawerend na jou ©Loretta Szikra – 19 Nov 2017 * Akroniem

Parys kan wag Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou […]

Die man met die ligblou oë Episode twee – Deel 2 Danielle Visagie stap strompelend en wiegend in die rigting van die badkamers. Die polsende klop van die musiek en die wiegende massa mense laat haar wêreld vreeslik draai. Sy wonder hoe drie drankies haar so kan beïnvloed. ‘n Vreemde ou wat na bier en […]

die baai is leeg vakansiegangers is oppad meeue vlieg verheugd rond in hulle noppies oor leë strand ek sit op my duin en peins oor vele gesprekke met kom-en-gaan almal se bestaan wat elkeen wil wanneer iemand begin leeg word leeg gegee stomp om te ontvang ©Teárlach

Skenker Al is dit Desember, is die wind snerpend koud. Dis moes iewers gehael het. Die reën swiep teen die ruite vas. Water hardloop in straaltjies oor die vensterbanke teen die mure af. Op die teer word dit poele, vorm stroompies, en loop in die afvoerpype weg. Die ambulans swaai met loeiende sirenes by die […]

Tydsberekening Daar is ‘n dik bank wolke in die weste. Dit lyk na reën in die laat namiddag. ‘n Drywer raak ongeduldig waar hy geparkeer staan met sy trok. Hy kyk op sy horlosie. Dis skuins voor tien. Hy moet sy vrag opgelaai kry, dit gaan aflaai op Hartbeespoort en teen sluitingstyd terug wees in […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed