profiel
van ver af is sy duin klein feitlik onsigbaar teen die see hoogwater spoel soms daaroor laagwater laat dit hoog uitstaan gister en môres word daar vasgepen swewende siel van onsamehangendheid losse woorde wat soms nie eers sin maak loop kry lêplek op die rekenaar se geheue oud- maar nog nie koud sit hy afgerond […]
Pienk Hart
Pienk se irretasie op die hart is nie die rooi passie van ‘n hart in gloed ook ontbreek dit in suiwer wit soos heilige reinheid eerlik en ongeveins. Rangskik Liefde in rooi se dieptes Oordek dit met ‘n kleed van suiwerheid, giet dit in goud en offer dit aan mensgode met harte van vlees. © […]
in, maar nie deel
sy geloof het hom gered? hy het sy Skepper gevind? na feesdae sit ek op my duin bedink diep paaie van die hart geloof kan sterk wees, maar; geloof alleen beteken niks die vrugte wat jy dra; op daardie dag of tyd was dit toe Hy my aanvaar het as Sy kind; daarom het ek […]
’n Klein verhaal van groot tragiek
(Goud) Êrens in die Vrystaat oor vlaktes vol verlatenheid lê ’n ou seisoen se pluimsaad en wag (vergeefs) dat dit moet reën. En midde die verskroeide somer staan ’n windpomp (onvoltooid) naas ’n sinkdam sonder water – ’n tafereel in ’n slotverhaal. Die aarde kraak haar lippe oop, skreeu stil dié groot tragiek: droogte ken […]
Vlerke van die wind
Seisoene kom en gaan Soos golwe in die see Spoel tyd deur jare Al die riviere vloei ineen Berge troon teen die hemel uit En om te sterwe bring nuwe lewe Kyk op na die wolke Strewe na hoop, geloof en liefde Elke begin het ‘n einde Daar is ‘n doel vir alles Wanneer jy […]
Verslaan
trap saggies op my hart, ‘dat ek die nag se omhelsing vir nóg ‘n oomblik kan ontwyk en vir oulaas weer, my lot by jou bepleit want daar waar ék moet gaan – het die sterre reeds verskiet en weerkaats die maan die donkerste seer, wat als verslaan tot stom verdriet
FILMS UIT SUID-AFRIKA
FILMS UIT SUID-AFRIKA Dekadeslang is Suid-Afrika en alles wat suid-afrukaans is in alle europese medien met ‘n mening boikotteer: Polities ja. Maar ook op sosiale gebied, of daarstellende, letterkundige kuns, of op ‘n ander kulturele, of sportterrein. Net doodgeswyg. Asof die gebied en die mense nie bestaan het nie. Buiten daar was iets om oor […]
Ek Skryf Vir Jou ‘n Storie
Ek skryf vir jou ‘n gordyn-oopmaak-storie, ‘n storie wat die sonlig van die morestond diep in jou hart laat skyn, wat die koue van die nag soos die oggendmis oor die veld laat verdwyn. Ek skryf vir jou ‘n vars-grond-na-die-reën-ruik-storie wat jou hart kan was soos ‘n hoëveld donderstorm die veld laat blink en die […]
SWART DRUPPELS
Waterdruppels kristel helder hang koud weerkaatsend aan swart harts-takke gekondenseerde ys-trane in doodsdruppels van smart in die eindelose mistige heelal sweef die kind – my kind, jou kind ons kind – in asems van die wind net ons ken die pyn van verlange na die kind, my kind jou kind ons kind maar aan die […]
DAAR IS ‘N DOEL
DAAR IS ‘N DOEL daar is altyd ‘n doel jy sal gou weer beter voel probleme is maar altyd daar al gaan dit ook bitter swaar ons sal altyd daardeur werk dit maak ons net beter en sterk duiwelvyand wat so kan lieg ons moet eerder bieg hy is net soos ‘n dief behandel die […]