Broos’mooi
Die prentjie-doek is leeg ‘n doek net wit en sonder kleur ek kyk terug in die tyd se wyser waar dit vries in ‘n oomblik saam met jou Die son skarlaken rooi getooi my glas-hart se skerwe weerkaats nat bedrupte trane en my gees—hang aan klein stukkies lig Vir ‘n oomblik sien ek hoe die […]
sonsondergang
sag plooi jou strale oor nat sand van strand waar wrakstukke diep verberg hul storie steeds probeer vertel van daardie stormagtige nag toe die chubb vergaan het jou kwas verf die strand in laagwater bankies van oranje-getinte terug-trek-some wat soos jong mens-wange glimlag en pronk ©Teárlach
Beswaar ©Eduard Smith
Jy sê my pen skryf deure oop wat vir jou allig soos hemel lyk; ‘n plek waar roes en rot nie verwoes nie, waar binnekeelklanke die strome van rus kan word – ek maak kapsie want ons Dawid emosies en steel aan die reeds geskrewe dit wat was sal weer wees en ek ontbreek aan […]
Priceless love
when crushed by life I stood naked and afraid in front of Your throne but You crucified my mistakes on the cross and Your truth set me free I am transformed by Your glory soaking in Your grace as Your fragrance floods my soul it overwhelms my spirit and overflows my heart filling my empty […]
Huweliksboot
Blosend bestyg ons die huw’liksboot, ons ewigdurende skemerkelk-droom wat gou ‘n hersenskim word en nie skroom om skewe verwagtings van harte te bloot. Dit voel my jy’s by bak- en ek by stuurboord soms ruik ek net jou skeerroom op die dek mis hoe ons lywe die huwelik voltrek o, die skokgedagte, of ons nog […]
morbiede mis
wanneer die see verberg word in mis is my duin ‘n morbiede oord van donker gedagtes wie sal ooit verstaan waar my siel dan sou heen sweef feilbare bestaan word heftig ontken foute word net negeer leuens is al wat regeer maar oor alles sweef daar spierwitte meeu wat kos soek en kry waar alles […]
Klong (Hoofstuk Agt) ©Eduard Smith
Toe die foon lui trek sy keel behoorlik toe. “Wat gaan hy vir Dreyer sê?” “Hello…” “Haai jy. Ek hoor julle is by die huis. Hoekom het jy nie laat weet nie dan kon ek ook deurkom.” “Eh…eh…Annemarie wou jou ouers sien en jy weet mos ek is die aangewese bestuurder. Ek het nie eens […]
Op U woord
Op U Woord As diep donker oor my val vrees verskrikkings my oorval. As golwe van ongeloof die hoop in my wil kom roof. Hoor ek U my naam fluister en Lig verdring my duister. Op U Woord sal ek vas staan op U Woord sal ek voortgaan. Ek slaan my oë op na bo […]