DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 10
Die volgende oggend roep Kolonel le Grange hulle vroeg in sy kantoor in dat hulle kan verslag doen oor die vordering met die ondersoek. Nadat hy die dossier betudeer het is sy eerste vraag aan Kas: “Kaptein die pers raak lastig en soek antwoorde. Wat moet ek vir hulle sê, dat daar nie vordering is […]
Die gemeste kalkoen
Augustus 1620 het die Mayflower, ‘n 180-ton skip met 102 passasiers vanuit Engeland na Amerika vertrek. Weens onstuimige weer en sterk winde het hierdie skip aan die kus van Massachusetts (Cape Cod), anker gegooi, i.p.v. by die kus van Virginia waar ander kolonies reeds gevestig was. Die maande daarna was baie moeilik en byna helfte […]
tappeserie
ver oor die duinevlaktes ver oor die diep blou see daar waar horison keep skepe oor rand verdwyn waar misbanke opstaan en maan oplaas gaan lê oor my duin se hittegolwe verrys daar vurige ridders wat laag oor golwe skeer skreeuend en krassende krygsliedere wapperend op die wind se vlae sing ver oor die duinevlaktes […]
Liefde is … St. Francis van Assisi
Al lees mens net die woorde van die lied van St. Francis van Assisi, kom mens gou agter dat dit iemand was wat groot deernis en empatie vir sy medemens gehad het, iemand wat bereid was om die ekstra myl te stap om die lewe vir ‘n ander effens makliker te maak. Mense wat goed […]
Op Usakos se standplaas
Op Usakos se standplaas 300 Ovambos dreunsang in gelid verby op hul skouers die sware stawe van hout ander kap ballas klip met ritmiese slae spierwit kopdoek op oupa se kop groen gaberdene hemp swart verbrand sweet pêrel in strale af die spoorlyn moet gelê word tot aan die kus die werk moet klaar ure, […]
MAAK LOS JOU BOLLA, MAN!
Word ek mos anderdag konfronteer met die vraag: Hoe voel jy oor jou werk? O jinnetjie tog, dink ek, hoe voel ‘n mens oor jou werk? Jy moet mos werk, of jy nou wil of nie. So? Hoe voel ek daaroor? Ek sien myself by die kombuistafel sit so vroeg in die môre, kop in […]
Hunkering
(Goud) Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees naas ’n doringboom – een wat haar takke wyd laat kroon. Sou ek vanaand een droom kon droom voor ek oplaas van hier verhuis – droom ek ’n melkweg en ’n suiderkruis. Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees, […]
belaglik
ongelooflik die see daar voor oneindig die prag van die oog wonderlik die geluide van alles onuitspreeklik mooi die klanke op my duin is daar vanoggend hittegolwe wat vog uit die see laat opstyg in wolke van wasem my siel sweef hoog en word stil hoe oneindig belaglik klein is ek daar ver onder waar […]
Klong (Hoofstuk Nege) ©Eduard Smith
“Kan ons asseblief alleen praat?” Francois trek vir Dreyer aan die arm teen die trappies af. Dreyer draai sy kop en praat hard oor sy skouer. “Annemarie, jy gaan nêrens heen nie. Ek kom nou terug dan móét ek met jou praat.” Francois loop vooruit en Dreyer volg tot hulle aan die verste punt van […]
vrolik
om my duin sing alles so bly fisante huppel en see begelei al die skilpadjies kom te saam waar die golfies roep hul naam selfs dolfyne baljaar en spring soms jaag hulle vis in ‘n kring meeu sweef vrolik soos ‘n kind selfs die wolkies speel in wind oral in my duineveld is kleur die […]