Blou-karretjie
Ek ry met ‘n blou-karretjie in my verbeelding rond tot by die son wat my blou-karretjie smelt oor ‘n wit leë canvass geboorte gee te prikkel en teug te soeke aan die meester stoel miskien soos Hansie en Grietjie krummels oor my gedagtes strooi as ek maar net wéér klein kon wees verbeeldingryk …. met […]
My rolmodel deur Lynelle Clark
Gisteraand het ek vir die eerste keer na Uit klip gekap deur Corlea Botha geluister. Soms hoor ‘n mens liedjies so in die verbygaan en jy slaan nie ag op die woorde nie. Ander kere luister jy daarna. Dit is dan wat dit met jou praat. ‘n Hart gesprek en skielik het jy aanklank met […]
Die Tuin van liefde
Sal ek,sal ek saam jou(jy in my drome)saam jou net kan stil staan en kyk kyk na die die somerson somerson soen saggies ons wange streel saggies soos ‘n ligte bries die blare ritzel ritzel ons rond en sweef sweef saam ons gedagtes rond rond om verby om om windblom en by(e) by laventel se […]
Tussen die leë blikkies
Sonneblom wie sou dink aan my die jare omgedop ‘n gewoelemoes soos die skuim van ‘n brander oor die rotse die lewe daaruit gety die kreef ry perd op die eend se rug Moses lê en lag oor sy whiskey glas donkie het oor soet pattat geloop Gawie die kabouter het in die wit sneeu […]
verstilde eggo
êrens tussen gister en nou het die streel van die klankharp se eggo verflou die vermanings dof en stil geword met ‘n onmag om denke (vredevol) in woorde uit te stort die roep van ‘n pou se trillings verslap tot slegs ‘n beduidenis van vae onthou daar waar onreg paar het valsheid geknal die suiwer […]
My kattekinders
Van kleins af het ek ‘n liefde vir diere gehad, honde en katte, maar veral katte. My eerste kat se naam was Witvoet, maar my oudste broer het hom herdoop na Oberholtzer. Hy was nie gesteriliseer nie en het natuurlik rondgeloop. Ongelukkig het hy ‘n aaklige dood gesterf op ‘n teerpad seker 4 kilometer van […]
stem van die woud
stem van die woud hoor die stem van die woud weer nog ‘n keer roep kom tuis na die woud waar w-a-r-r-e-l-w-i-n-d gedagtes rustig kan raak met oorvloedig asem en kalmte wat nooit op sal raak die woud wag nou bome staan hoog en getrou teen die safier in die hemelse boog van blou ook […]
Straal Jy Selfvertroue Uit?
Soms is dit so maklik om vas te kyk teen die onmiddelike dat ons nie die groter prentjie raaksien nie. Ons lewe so ingewikkeld en soms selfs donker dat ons vergeet om te glimlag en net die nuwe dag te omhels. Maar soos met alles in die natuur het ons lewens ook seisoene. En jy […]
Kaapse saksofoonspeler
Die kaap mis jou, Robbie; hulle noem jou Kaapse doktor Waarom – miskien: die een wat worstel met kwale en donker buie? Mense in sinkhuise hoor die blues; vir iemand (en iemand se kind) is dit ‘n blou maandag elke dag in die buurte Die sand, wind en sirene skuur die woonstelle … laat hulle […]
Ons
Vanaand mis ek ons. Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het. Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom […]