KOMPLEKSITEIT VAN DIE MENS
Na Een beeld gevorm, maar elk individueel. Almal dieselfde, sal mensdom net verveel. Met kompleksiteit wat ek soms glad nie kan verstaan, Loop elke mens in sy eie lewensbaan. Geen denke ooit dieselfde, uniek is jy gemaak. Elk met eie keuses, elk na vrye smaak. Deur jou perspektief sal jy jou waarheid vertel, Net dit […]
proe
bitterste gal kom uit ‘n blaar warmste as val uit ‘n doringboom seerste steek is van brandnetel dorings soos vretende suur is sop uit ‘n botsende tor pynigend is die herhaalde steke van rooi perdeby soos kole vuur brand bloublasies op strand lastiger as muggies in jou oë is daar min soos musiek op my […]
Vrouemaand is ‘n maand om te vier
Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word en elke vorm denkbaar. Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Vrouens wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
Hou styf vas! (Brons)
Wanneer die wind stormsterk in die Weskus waai, dan waai hy met mening. Dit waai enige iets om, en rig groot skade aan. Jy dink nog jou motor staan op die hoek, dan kry jy hom iewers op sy dak in ‘n ander straat. Opgefrommel dat jy homself nie eers kan uitken nie. So het […]
Die langbeen Perd
Die langbeen Perd het uit ‘n mandjie geklim en van sy stert ‘n kwas gemaak die langbeen Perd loop nou sonder stert om ‘n winkelhaak draai stories té ry Die langbeen Perd hou nie van outokrate nie hy praat sonder tong hy het na die maan gebeuk oor sy heimwee Die langbeen Perd het saam […]
boks
flink en lenig klim deur die toue uitgekyk deur vermaarde straat vegter met vloedgolf van wilde houe verlaat hy die kryt traumatiese geheue patrone van mislukking ingehamerde oorlewingsdrang verlos slag op slag word verower kop bly skoon weet hy wanneer om uit te tree dan bly hy so ©Teárlach
waar
waar dowes blindes hoor en blindes dowes sien kamma-land in tyd waar slimmes domheid begeer en dommes slimheid leer kamma-land in tyd waar dooies lewe propageer en lewendes dood maak kamma-land van tyd waar haat , liefde bemeester en liefde haat wil negeer kamma-land van tyd waar alles verwyl in tyd en tyd verwyl in […]
Die frekwensie van gees(brons)
Daar is soms spiraal frekwensies van ons gedagtes wat in die diepste denke van ons gees vrede vind in die wildste wind veerlig stil vlieg kalm toe oë storms bedaar. ©Morné du Preez
koordinasie
waar meeue oor die see sweef golwe kort op mekaar op strand uitspoel skulpdiertjies van huisie verander en grawe wind die seewier op strand uitstoot en verdroog seevoëls hul kroppe kom volmaak aan seekos selfs kraaie soms kom aas op die strand daar is koördinasie in werking daar net langs my duin leer ek van […]