LIG NA DIE DONKER
“Jy kan die donker, swart hond van jou stoep af gooi …” Sjoe, ek moet dit met jou deel! Ek luister na ‘n onderhoud met Valiant Swart en sit verstar! Dit is hy wat ‘Sonvanger’ geskryf het. Hoe kon ek dit nie weet nie? Dit slaan my dronk, want dit is presies wie hy is, […]
Laat-lente
Sak en pak, (met ‘n see vol blare, ‘n hand vol kleur) groet somber Winter ons. Met lang vingers streel hy die gras en laat dou druppel soene agter as ‘n gedagte van hom. Die kleurgestroopte takke lag hom uit want hy’t gevat sonder vra, langer gebly as wat hy moes Want die son se […]
Intermezzo in die huis van donkerte
Die Kraaibek man se innuendo’s vertak soos sy arms om sy seepglad mond in sy trommel verkwis hy grond vir negehonderd en twintig pond en as deel van die buidel … Ou arme Ditt sou nooit kon leed dat die inpertinante Kraaibek man vir slegs negehonderd en twintig pond die grond uit sy poeskas verkwansel […]
LAAT-LENTE ALLEEN
“Ek het lank gesoek, om myself in jou te vind” Sag sluip sy deur jou are drup, drup saam jou jare tussen lewe en dood bewe haar asem lewend oor jou lyf sy weet dis soms verkeerd om eg te wees veral wanneer haar hande verkeerdom soek na jou siel en laat-lente ‘n onvanpaste winter […]
miskende vrou
te lank was jy ‘n wurm kruipende voor hom gehang aan ‘n spindraad papie verstrik in ‘n kokon te lank was ons nie-siendes gesus in ons winterslaap ons ore horende doof om jou kreet te hoor jy was geslaan met stomheid maar nou is dit jou tyd dat lente ook vir jou sal kom jy, […]
DIE SEESTERRETJIE
Dit is laat in die aand. Ek en ‘n goeie vriend wat ver woon gesels so effens op Whatsapp. Effens? Ja, so nou en dan sê die een iets en dan antwoord die ander weer ‘n bietjie later. Ek wil weet hoe kry hy en vroutjie die Vrydagaand om. En net daar vang hy my […]
Sien jy . . .
Besig om haar daaglikse brood te verdien gaan sy om ‘n kliënt te bedien niks vermoedend maak sy die deur oop daar staan hy . . . lank, aantreklik, glimlaggend sy blik half amusant geheimsinnig gly soos ‘n x-straal masjien oor haar sy half onkant gevang neem alles in ‘n oogwink in vir sekondes neem […]
Resensie: DIE BEWAPENDE MAN
DIE BEWAPENDE MAN ‘n Missa vir die Vrede Oor die jare en eeue heen, veral in die twintigste eeu, het die oorlogsretoriek en sabelgeratel toenemend – alarmerend – uitgebrei. Met al hoe moderner wapens word al hoe meer mense omgebring, want dit gaan dikwels gou oor in egte krygsdade, en brandherde van konflik is in […]
Vlinder-vrou
Nog vlinder nog vrou toegevou tussen die blaaie van gister en nou tussen blydskap en rou wil jy vlinder wees of vrou jou storie opgeteken in die blaaie rondom jou die vrou of losbreek van die blaaie wat jou gevange hou en vry dartel en draai waar die wind jou waai soos die vlinder binne […]