Bedelaarsgebed
Here, help tog vir Suid-Afrika, die suiderland kry swaar. Soms is sy so moeg, Heer, ek dink haar senuwees is klaar. En haar hande wil nie werk nie, deesdae voel haar vingers stram. Haar spiere het verswak, Here, haar bene is verlam. En haar voete kry nie rigting nie, haar spore het verdwaal. Here, hoe […]
Die dopperkiaat (Silwer)
Na ‘n laat-lente, deurdag, deurnag, noag-reën se nat, het die lowerreus (al dig verskuil bebot), na so ‘n heil’ge doop, spontaan in songeel vreugdejubels uitgespat, volmaak ons vroegsomer en snerpwinter ruiswind oor ‘n doodgaan droë seisoen, vol konfetti-spikkels, nuut, so mooi, in ‘n skittergoue eg oor groen gestrooi, verbind. Maar die dopper is maar ook […]
November, die nuwe September
November die nuwe September Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën November se druppels val op my soos n seën Die warm wind maak dit beter Ek voel die verskil, vir seker. Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën My voete staan enkel diep in modder My bak hande vang die […]
Laat lente
Jy bars uit jou nate; baldadige uitbarsting van kleur uitspattig en oordadig wonderskoon in volle fleur. ‘n See van oorvloed, onbeheers; oorrompelend. Jy sleur my mee en ek staar oopmond; bewonderend na die polsende skoonheid; die volheid en volmaaktheid wat jy voortbring; die wonder van die skepping in sy volheid. Hoog bou dit op – […]
Liefdes transformasie
Die winter kou die grys en grou die seer van gister se onthou geïnfiltreer in elke skeur diep in gebeitel deur jare se verraad die begeerte na geluk bar agtergelaat . . . dan onverwags breek die son deur jou nag voel jy die sagte warm strale liefkosend op jou gelaat sluip sagte strale sagkens […]
BOTTELTJIES DROME
Liewe Vader Krismis Ek skryf vandag vir jou omdat ek nie weet vir wie anders om te skryf nie. Moet tog maar nie die briefie opskeur nie, ‘seblief. Lees hom maar en sit hom iewers neer waar iemand wie se hart soos myne voel, dit ook kan lees. Jy sien, die saak staan nou so: […]
Ontwaakte hartklop
tussen die pole van jou horison verander jy my ewenaar in jou liefde ontwaak my hartklop uit sy sluimerende slaap en fluister ek sag word wakker, my hart, word wakker ©Jessica Venter 27/11/2019 • Erkenning aan Rumi aanhaling “stay awake, my heart, stay awake” – vertaal
Draaibos
Laat lente het ‘n draaibos haar takke grondwaarts gebuig dit opgeswier met trossies bloupienk blom en blink blare asof sy die lente wou nadertrek, en verlaas bemin – o, laat my liefde nog één dag wees! Diep teen die hellings trap haar suiers, oor die vlaktes verby die skalie tot waar die son afloop; sy […]