skadu
duine se skaduwees lê ver gerek oor strate van fynbos en blou see elke detail word daarin vervat elke ronding en rotspunt mense se skaduwees rek swart oor ander wat om hul beweeg elke detail van donker dade elke duister gedagte klein kinderjies gooi soms lig oor mense wat lig kan sien elke detail van […]
Lag is die beste medisyne.
(Brons) Lag is die beste medisyne. Ek hoor nog die oumense met die sê-ding: “Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.” As kind was dit vir my nogal vreemde begrip om te verstaan, want sien: as jy huil wil jy mos darem nie heeltemal alleen sit en huil nie. Wel, nou […]
Vuur Gedagtes
In die stilte lyk rook wolke reuse vlamme mooi in ń vêr vallei. Emosie stompie vonke spat onbeheers, die wêreld oor ongegag veroordeling van die aggressiewe daad. Soen my sag en vlamme styg stadig onverwag mooi uit my diepste maag.
Oumens Raad
In droë veld sit gras gedagtes op verlossing en wag. Mense verwyt ou droë graspolle wat kon ontwaak met bietjie water, met ń kilheid wat verskroei. Bietjie water vloei vrylik uit oumense oë om ń klein natkol te laat.
Limeriek twee
(goud) ’n Eensame boer van De Aar Wou graag ’n paar nooiens vergaar Voor mens kon sê més Had hy sommer ses O wee, toe is oorlog verklaar © Carma Shaw
Blye Bettie
My dierbare krosie was ‘n pragtige, spontane dogtertjie, maar hiperaktief en super-sosiaal. Ons het in ‘n nuwe buurt vol jonggetroudes met klein kindertjies gewoon. Die bure direk agter ons, het vier woelwaters gehad, waarvan die oudste seuntjie (so oud soos ons spruit), ook ‘n absolute handvol was. Die “klein kerkie” in ons gemeente het ontstaan […]
Karma (Limeriek)
Pou Piet Pompies wil meisies vang, So is elke vrou vir hom bang. Hy kleim hy is kaas, Maar brein byt die baas. Nou’s Piet Verdriet sy droewe rang. Charleine Collins © 2020 Illustrasie: https://www.britannica.com/animal/peacock
Metafoor (Limeriek)
Oom Olifant, die reusedier, Se sterte laat die mense tier Soos hy woorde trap Laat hy blomme pap, So, skommel uit die verstuin hier! Charleine Collins © 2020 Illustrasie: https://www.theedgesusu.co.uk/news/2019/08/01/nostalgic-news-horton-hears-a-who-was-published-65-years-ago-today/