Groot Verseboek
Vars het jy eers geruik nuwe woorde gehou. nou met vervlenter ore in ander se rakke verrot. Ons eens omspoel met digters nou voos deur toetse en growe vermorste jare liewe vriend terug op my rak.
Swanie Tuin
Sy voortuin met groot boom netjies in blom, gras gesny om die bure wat hy haat lief te hê. Sy binnetuin oorgroei groen met wilde gras dak hoë bosse sy wegkruip plek van mense wat bome kap. Sy oerwoud agterplaas met modder bruin swembad ooral donker groen sy eie lewensruim om homself te plesier.
Genade (Brons)
In my treurende Jobskleed het my klaaglied geween onder moedverloor se vlakte waar roet se roes reën. Met swere oopgekrap oor selfkastying van skuld, breek die Woord voor my oop vind ek alle hoop. Ruis my siel soos die arend vind ek krag in die wind, vaar ek klapvlerk na bo na my triomfboog se […]
arm van gees
soms, wanneer daar geen wind oor die fynbos duine waai nie sit ek sprakeloos en kyk na die hemelse krag van vorm en skep soms wanneer my hart stil word en geen gedagtes wissel nie nederig in afhanklikheid van die hemelse krag wat my vorm my gees galop in vreugde oor my afhanklikheid van Hom […]
stapelvis
gespan soos die snaar van ‘n boog hang daar vissies in sonlig en droog spierwit van sout en verkoop by ton strandloperskos, hulle van afrika son gedroogde vis vir afrika en bokkoms kariba tot by die weskusser se afkoms kapenta, harders en skoolvis omhoog miljoene visse, genet, gesout, gedroog voedsel vir daar waar beeste nie […]
Maart 2020 INK projek – Triomfboog
Beste INKers Aangesien die afgelope maand jul kreatiwiteit werklik beproef het, het ek besluit om die opdrag vir Maart effe meer ontvangsvriendelik te maak. Die opdrag is, vir al die afdelings, een woord: “TRIOMFBOOG” GEDIGTE: Skryf ‘n gedig in enige vorm, sonder rym- en lengte voorskrifte. Gebruik die woord triomfboog in jou gedig. Dit mag […]
Probleem Oë
Rooi oë tuur deur township rook oor duisende advertensies sakkies na meskien ń bietjie brood in vroeg oggend uur. Moë oë voor marmer wasbak met slap maag soek alreeds na kliente bevrediging in klein kamers. Brand oë loop oor koue ń vloer met industriële stoom sien figure wat buig voor masjiene wat juig. Die oë […]
Waarheid Oë
Ek is suksesvol in my gebied met flits oë, vra ń bietjie brood. Ek is onafhanklik staan gelukkig alleen met gordyn toe oë, vra kom kuier asseblief. Ek is besig hardloop oral rond met flikker oë, vra om werklik te ervaar. Ek is geirriteerd julle verstaan nie met ontwykende oë, vra om meer aandag. Ek […]
Maandag se kuur…
Traag swaai sy haar bene van die bed. Dit is Maandag! Die lus ontbreek haar geheel en al om op te staan. Net die gedagte aan haar kantoor, laat haar sommer weer terug val teen haar kussings. Met uiterste wilskrag, dwing sy haarself om op te staan. Dit is nie dat sy nie dankbaar is […]