MY AKKER
MY AKKER Ons huis is T-vormig. Die „langhuis” is ‘n ou veldskuur uit vorige eeue: Dit staan buite die oorsproinklike dorpie aan die grens van die buurgemeente en is om- en uitgebou, toe Bismark in die sestigerjare van die neëntiende eeu die algemene skoolplig in die koninkryk Hannover ingevoer het, om die nuwe skool vir […]
fyt in die feit
dit is ‘n feit soos ‘n koei daar is ‘n koei met ‘n fyt watter een wil jy van weet ek het albei reeds vergeet ©Teárlach
‘n Oomblik
tussen die eendag-hopies van my “as”drome moes my eie hart breek sodat ek die soet van my pyn kon proe dis in die bitter nasmaak van my lot waar die waarheid lê “jy is meer werd as jou verlede” elke hartklop eggo my ewigheid voel ek weer h e e l want in ‘n oomblik […]
Sprake van hoop
(goud) Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag […]
Drome Dag en Nag
In nag drome kom die anderkant as vele vreemde gebeure onbekende genote met kort vreemde lewens verhale. In dag drome flits deurdie werk gewoel gedagtes en prentjies van enige plek, ervarings as hier. Wesens so verskeur tussen nou en dan verskilder drome dag en nag na wil wees altwee is onwaar.
Landkaart Bakens
In die atlas kyk ons almal na paaie wat na vele nader en verder, streke gaan. Die reis is egter die klippies en stampe wat sy voetblok in elke gemoed laat. Aanvaar die reis van ander sonder verwyt of afdwaal, eie paaie egter lê diep ewige spore in die gemoed.
laat vrugte
die enkeldoring troon oor die bosse soos droë matriarg van weleer donker groen staan lemoen boom sy laat vrugte hang tussen digte blare ekstra voedsel water op kontoer waar vog versamel blare lê en vrot oud is ‘n man grysaard so krom lewe blom ook laat latente vrugte langs die see bloei sy lewenstyd soos […]
Ek begrawe vir jou ‘n storie
Dis die tiekies op die spoor- “wat is ‘n tiekie?” sou jy vra; die klein-bietjie-liefde, ‘n knippie sout, ‘n bietjie blou opgevou om té hou. “Wat nog” sou jy sê ‘n hardeskyf met liedjies en prente van diertjies en allerande goetertjies- ‘n sonkrag herlaaibare arsenaal als op digitaal-dis hoe hy werk. ‘n Doos gemerk ‘spesiaal’- […]
aptyt
mistige oggende weskus herfstyd tyd vir stil warm dae soms hewige winde maar ook rustige tyd my duin rus ook min aptyt vir onlus geniet geruis van see ligte soutsmakende bries ook aaptyd vir ons strandlopers met min voortande dans ‘n riel vir witmossels skerts en vroetel tone terwyl aaptyd heers en aptyt brand aptyt […]