Oor “daai” virus
Maar my donnor. Sal julle nou bietjie relax?! Ontspan die tiete. Hakuna jou tatas. Ontknop die hol spiere. Want as ek nou weer een keer “Corona Virus” hoor gaan ek sowaar as waaragtig daai persoon met ‘n kaktus in die keel steek. Kom sit hier om die oom dat ek julle nou mooi kan vertel: […]
Leemte
Leemte In die holtes van die kussings waar jou hare eens verstrooid gelê het, is nou niks. In die gaping van ‘n leë klerekas hang net hangers, kaalgestroopte nagedagte van jou. Agter my oë se skaduwees, in my binnegange, is jy afwesig, jou beeld vaal en dof. Kan iets nuut die leemte in my vul? […]
Tydlose stryd
Tydlose stryd As liefde my nie aanstaan, ek nie daarin vasval of rotsvas glo nie, hoe kan jy dan iets van my verwag, hoe kan ek uit niks enigiets opoffer of sonder trane alles net verloor? As ek leeg van liefde se emosie sou leef, hoe kan ek vervulling, waarde gee of vashou aan dit […]
In my herfsjare
Die veld is stil, alles is doodstil. Asof die hele wêreld net stil geword het en alles, ja alles het gegaan oor die brandende bos. Versigtig, stadig en gevul met beide vrees en nuuskierigheid gaan Moshe nader. Sy sintuie kan amper nie dit wat hy sien verwerk nie. Die bos brand, daar is vlamme, maar […]
Die vreemdeling in my bed deur Lynelle Clark
“Jy lyk moeg vandag, Mart.” “Ek is moeg. Slaap maar min deesdae.” “Hoe so?” Belinda kyk aandagtig na haar vriendin. Hulle het ’n jaar gelede ontmoet tydens ’n konferensie in Sandton en het goeie vriende geword. Maar iets pla haar. “Slaaploosheid. Te veel op die gedagtes. Jy weet, die gewone verskonings.” Haar antwoorde kom outomaties […]
roetine
vroeg op strand sien elke spoor van nag elke sand wal wat verander of bly staan sigbaar strandlopertjie voëltjie van die dag steeds doelgerig langs waterlyn ou man kom sit raak rustig en droom gees sweef hoog bo wêreld rond elke woord geuiter kom uit sy eie milieu oudmodies dalk eie aan sy tyd ©Teárlach
kringe in die lig
deur misgordyn is daar ‘n kring soos ‘n kroon om die son wanneer die kroon van skepping homself wil kloon verfynde etimologie span kroon omkring virus kringe vorm duidelik mens word verloën beloon ©Teárlach
Uitslae en kommentaar- Januarie 2020 projek
Baie geluk aan hierdie 8 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS AFDELING WENNER : No 7 Zebulon Kochk met Geen grysliggenesing 2 DE PLEK : No 1 Morne du Preez met Twee trane 3 DE PLEK : No 37 Annemarie van der Merwe met Onaangeraakd SILWER AFDELING WENNER : GEEN 2 DE PLEK : GEEN 3 DE […]