Goue Kinders
Onder wind verwaaide bloekoms lê graf 216 langs duisende andere, uitgemyn, verniel in Afrika. Kinders gevoed op goud gepluk met bloed met geen geheue of begrip, staar uit op groen velde in Engeland. In garing dun kombers gehul teen koue honger ń toekoms, ryp wit staar kinders uit oor vaal veld in eie land. Goue […]
retoriek en repliek bou ‘n republiek
my duin suis van die geluide van sosiale media wat brom en bruis telkens is daar nuwe hoogtepunte van wêreld nuus en gebeure elke dag se boodskappe trek oor die eter en waai-faai mense las emosionele sterte by onwaarhede soos asemstote hoor jy hier – hoor jy daar dit bly ‘n nuwe gevaar bly weg […]
wankelrig
op die spoor van ouderdom stap ek nou al jare lank vind nie wat ek soek waar sou dit wees so baie daaroor gelees jonk van gees bly vrolik swak van vlees getooi soveel operasies soveel nuwe blaadjies weer ‘n kans op lewe mens maak selfs uit wankelrig ‘n goeie lewe vol nuwe ervarings elke […]
Afrika Spieël
Donker hout reggesny omvou die blink glas met dun silwer rug om beelde te weerkaats son strale weg te kaats. Donker woud teruggestoot maar nooit oorwin absorbeer gas en lig geen een beeld word weerspieël. Die blinkende spieëls uit donker noorde het gebreek, geval in Afrika lê in stukke versplitter as stukkies glas wat sny […]
Brandfort
Hoog warm vroë lente, herfs waai die weste wind brandend teen elke wang. Sand stof stort neer na mis vlug op vuurwarm swart pad langs toe deure van winkels en mense gemoed. Man alleen in die dorre laan gewaar ń lewe as verre skim oppad na ń ander rand. Dié kind loop, met al haar […]
GROEN MILKSHAKE EN SUNSPARKLE BISCUITS
GROEN MILKSHAKE EN SUNSPARKLE BISCUITS Sit hier by my seselwers en dink daaraan om per dalks eendag se anderdag weer hare te kleur; enne toe onthou ek sommer dwars uit die bloute uit van KleinBas en Mildrid, die Hemekoei met die sonstrepies in haar kuif. Dit kan seker vervelige woordemaak wees vir jou om te […]
armada
stroompie vloei sag en helder deur die varing woude van die kloof kabbelende geluide wat die oor streel elke nou en dan sit ek op die wal beskou die genade van water om die hoekies kom ‘n blaar droë blaar met passasiers daarop iewers het hul opgeklim en ry saam na waarheen die blaar ookal […]
slimste in sy klas
enkel fynbos se tak lê skeef en afgeruk blaartjies afgepluk in droogte verswak dubbel spoortjies van jong grysbok proe aan elke stok bly in lae voortjies ek volg sy spoor sien hoe hy skrik vir die draadstrik tot ek dit verloor dankie sê dat hy slim genoeg was slimste in sy klas strikke kan vermy […]