Erfenis (Gedig aan ons land) (Goud)
het jy nog ‘n lente oor in jou ‘n lente wat weer blomme vas kan hou wat al jou beddings nat laat reën en die nanagsleep in jou laat blink in skitter môredou het jy nog ‘n somer in die herfsdeel van jou hart wat, al lê die winter woes en wag in kluimgebied en […]
Wroeging van ‘n talentverlate skrywer (Goud)
ink my met jou kodevog hier midde-in jou aftog dat ek in die jare van my wegbly in jou voorhuis kan vertoef spykerhang gemuur teen die afguns van my drifte sal ek paletgeskryf en raambevang jou lende kom bedroef wens jou verhale aan my toe in tikmasjien traktate as jy in die laatlig van die […]
Veranderings’bestuur
Wanneer verandering plaasvind is dit soms nie maklik om jou gemakskoene uit te trek nie. Dit is onafwendbaar, in elkeen se lewe vind dit van tyd tot tyd plaas. Om die waarheid te sê, enige konstante ding in die lewe is blootgestel aan verandering. Verandering speel rond met jou emosies, sommige mense hanteer dit makliker […]
Swendel in die grendel
Weektema Swendel in grendel in die grendel word geswendel miljoene verdwyn in broeksakke ingeperktes aanskou stom geskok stilswyes duur en sekuur gekoop ongeregtigheid word oral gepleeg in jul stormloop ly brose swakkes kinders met starende honger oë jy ry die duurste motor op die mark sakke word voller en lywe ronder onreg gepleeg sonder blik […]
Sandsketse(silwer)
l y n in die sand hy skugter nie; stok in h a n d verweef hy met sy sporadiese omwenteling in duine wat brand, lyne in die s a n doelgerig- teken ek vir jou Van Gogh se helderblou strepies son ©Morné du Preez.
Ek en die internet. (Brons)
Woortelling: 350 woorde “Oupa Gert! Johannes gaan staan groot-oog, uitasem binne die deuropening. “Wat was dit?” Oupa plaas sy koppie hard langs die skootrekenaar neer en vryf vies die groter wordende nat koffiekol op sy hemp. “Kom Oupa!” “Ja, ja. Ek kom Johannes. My bene is nie meer so jonk nie.” Johannes staan nader, neem […]
Anton van Omkyk Boerdery
Dit was in die dae toe dit nog baie goed gegaan het in my besigheid en ook natuurlik toe ek nog met Namibiers besigheid gedoen het, dat Anton my bel. Anton van Omkyk Boerdery….. Vandag wanneer ek ‘n +264 nommer op my selfoon sien antwoord ek hom nie, want ek is al te veel gevang […]