Voertuie
ń Nepal trok kreun onder ń blink vrag van duisende Hindu gode geplak, onder die verroeste raam op voor oorlog bande skree ń moeë masjien oor sy pad. lycra oortrekte manne in multi advertensie hemde soldaat mier gepanser bondel in jaag groepe agter donker mode brille luidrugtig op straat. ek vervoer net myself geen advertensies […]
wagtend (Brons)
terwyl ek wag dat jy besluit of jy my bemin sal ek liefdesgedigte lees vaag-bekende liedjies fluit droom hoe ons gekousde voete liefkosend strengel ja dit en nog meer sal ek glimlaggend verduur terwyl ek wag dat jy besluit of jy my bemin
miskien more (Brons)
die stille bestek van ‘n oumenslyf vroeg reeds sit gemaak by ‘n venster met ‘n uitsig op die hek die skuif van die dag se skadu’s kogg’lend-weerkaatsend oor ‘n verstilde gesiglandskap ‘n traannat kussing kinderstem-eggo’s ‘n miskien more-versugting… dít is verwagting
Geanker aan hoop (Silwer)
besiel my met hoop teen doellose opstandigheid oor soveel hedendaagse aversie oorspoel my gemoed met vredesverwagting om kreatiewe denke deurlopend te voed beklad my wese met begrip sodat geen objeksie my ontspoor of toelaat dat ek oorleweningstryd verloor begrens my denke om geanker te bly daagliks met vars verwagting hierdie vloedgolf te ry ©Driekie Grobler […]
As die kiewiet roep
Ek dwaal in grotte van gys granet met druppende stalagmiet die eggo’s van ‘n waterval weerklink soos ‘n skoot wat knal ontstuimig lop my hart as ‘n vulkaan uitbars die reuk van swael laat my p my tande knars hoë berge laat my duiselig steier asof klokke in my longe beier dis net as die […]
Erfdeel
Geen wanhoop wandel in my wese met wortels gebind aan die Lewende Boom as ek my daaglikse wandel met bedekte gebed omsoom. My oë sien reeds die wagtende glorie, my hart jubel saam met Engelekoor waar ek vashou aan my geloof as die vyand sê ek’t reeds verloor. Die dinge wat ek nog nie sien […]
Restaurant
rook oë huil, tonge proe aan ń opgesmukte maal in die paradys. lywe gety in gestoeltes klim, val weg in ń golf van verwerping, bestel gou ń ander maal.
Die dood van ‘n vlinder(silwer)
Vol verwagting het hy met sy vlerke flonkeer om oor die swartdood té triomfeer, nou is hy maar ‘n spatsel oor ‘n ruit gedrapeer. ©Morné du Preez