‘n Hart wat omgee (Silwer)
te midde van onweerswolke en dreigende gevaar rank drome soos wierook om verwagting te baar te midde van entiteit se vooroordeel en gis wens ek vir die nuwe jaar te vra dat my oog regverdig sal kyk nie van goeie waardes afwyk dat my hand oop sal gee nie vuisvorm en onmag skree dat my […]
As ek kom van die see
In ‘n wêreld van wonderwerke is ons kannibale wat soos parasiete verdoesel om soos oorlogskewers in die hitte te skerts, of dalk net weer soos ‘n druppel teen ‘n muur- afsypel na ‘n banaalose bestaan. Maar as ék kom van die see losgemaal en ribbes wat uit my skeur vir ‘n mondvol bamboes en wier; […]
Gedagte Blok
verpak in ń pakkie ses kant primere kleure gemaak in ń kop lê die blok. gepak om een spilpunt 54 blokkies homogene kleure ideale orde verwesenlik klinies geblok. dink drang versplinter blokkies in pixcel kleure vorm wanorde uit die homogene blok. kinders druk skyns punte oumens hande is verward rue draai weg in ń blok. […]
Nag
Al sou ek gaan lê, my opkrul in die sekelmaan se krom omhelsing Al sou die sterre hul liggies verdof in stille simpatie Die uitspansel sy nagfluweel versag tot iets só medelydend dat dit my hart en siel aangryp Kan niks jou terugbring, Pa Hier waar spikkeltjie-ek opkyk sien ek ‘n bang-maak-troos-maak naghemel bo my […]
MISKRAAM
(BRONS) Afwagtende verwagtende was sy eens ’n lewe in wording gekoester en sy, een gemaak met die vreugde wat nuwe seisoene bring sou antisipeer wou alles leer van die onafwendbare onbekende vir bietjie dae was die afwagtende gekoester haar beskore tot die wind binne haar skeef loop draai en winter word weer winter, ’n lente […]
dae
– die sonbrand hou my vandag in die koelte van ons spierwit huis sonder vis, net gebrand by die huis gekom eergister die vitamine dee maak darem op vir die ou bloedrooi velletjies so is daar dae wat verloop wat in mens se geheue vasbrand soos ‘n son se strale wat jou vel verbruin en […]
REËN OP MY PARADE
(BRONS) In die uur se draai kry die dag effe kleur en sien my oë al klaar die son se sit nog voor hy sy pens agter die rand kan uit beur voel ek hom dáár skyn oor my elke stukkie mens, maar in die uur se draai het ’n wolk kom lê oor die […]