Reënleser (Goud)
vandag die leser weer gesien in die laat middag teen uitspantyd toe die rooi son glim en die skemer daal het hy vir hom ‘n wolkboek uit die hemelrak kom haal in ‘n warrelwind het hy gekom hy’t die dunner skrifte weggedruk en ‘n dik boek beetgekry hom oopgeruk tot by hoofstuk een en die […]
Beproewing (Goud)
Beproewing Herken jy my wat mense jammerlik laat ly? Gedink jy kan my omhaal ontsnap uit dié wrang verhaal? Kwylend snuif ek op die grond – die snuffel van ‘n honger hond – ek sluip deur donker strate en deur die kamers van jul skuilte. Ek grou in die greining van sy lyf breek sy […]
Ant Tandjies se Koek
As jy sou gaan ry na die voetenent van die Weskus, en jy maak jou draai in die hart van die Swartland, sal jy ʼn dorp genaamd Riebeek-Kasteel teëkom. Nou, die plek is alombekend as die troue-dorp van die Weskaap, en mense kom van heinde en verre om hier die ring aan die vinger […]
As die gordyn sak
In die voorportaal het ek gestop vertoef by geraamde gelukkige oomblikke ‘n groteske tafereel van skyn dis nou of nooit, besef ek want omdraai sou beteken nog ‘n kleedrepetisie in ‘n nimmereindigende treurspel van stukkende lewens toe ek die deur agter my toetrek het ek jou, my hart, en ‘n leeftyd agtergelaat en terwyl ek […]
Diepte van ons Onthou
Die liefde vir die natuur en alles daarin Die verlang na die veld, voor die dag begin Die herroep van kuiers in die majestueuse berg Die warmte van die lag, die humor van die terg Die flikker van die sterre in die helder melkweg Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor veg […]
Blommeprag
madeliefie sagte ronde lyfie lag oopbek goudgeel hoe son sy warm soene met haar deel soutbossie bemin in silwer maanlig strale op sand rand waar branders babbelend breek op strand noem noem deel vrylik smaaklike vrugte verleiding soos heelal met lofprysing soetheid besing pronkertjies sagte skoulike spatsels kleure verkondig die Heer se genade en vrede […]
Melancholiese Mosaïek
Stukkie stukkie, skerwe gebreuk golwe wat ritmies slaan en slaan vorm gate in lewensmure swaarmoedig, mismoedig, droefgeestig, trietsig, kranksinnig en bedroef kom die golwe van melancholie Stukkie stukkie, aanmekaar gesit uit skerwe opgebou, nuwe portret vul Reddende Hande, met korale al die lewensgate blymoedig, uitbindig, hoopvol, vreugdevol en vriendelik Melancholiese golwe platgeslaan dankbaar vir elke […]
Drenkeling
Seile in die wind gebol boeg klief deur bruisende branders epiese kabaal, loop op koraal net een drenkeling het die land gehaal Mensdom plesier gebol klief bruisend deur die lewe op pad na ewige verdriet nog een drenkeling deur genade gered. @Lenel
Generasies
’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn ’n oorlogswesie … ’n weggooikind spartel sukkel swaarkry rateltaai geleef onder die broodlyn ’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn Ouma het my geleer van Jesus ek’s ’n kindjie klein tot sjuut luister hoe sag fluister-fluister die wind ’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn […]
Net ‘n klein stukkie been
My pa is dood nadat hy beesborsstuk geëet het en ’n stukkie been ingesluk het. Die beentjie het ’n gat in sy slukderm gesteek. Ongelukkig het hulle nie dadelik besef wat die fout was nie. Hy is met ’n erge pyn in sy bors dokter toe. Die dokter het hom dadelik na ’n spesialis verwys […]