liefdesnoer (Silwer)
ek wil vir jou ‘n liefdesgedig snoer met egte kraal-oog woorde wat (ge)maklik langs mekaar bly lê om jou hals sodat die koestering daarvan teen jou ontvanklike vel jou my woorde jou eie sal laat maak en jy die liefdesnoer met liefde om mý hals sal hang
narsis (Silwer)
ek had alles vir jou veil maar jy het my hart slim gemaneuvreer dit lewend uit my getrek nou hou jy dit triomfantlik omhoog – soos ‘n trofee – waaruit my menswees lang-traan drup…
dans van die rookfee (Brons)
diep in geheimenisse van rooi flambojant en riskant getooi skenk hitte geboorte aan kole gevul met wysheid van vergete skole onder die fladder van vonkefeë digterlik vry in hul lugtree skertsend, heimlike kalmte te gee aan seilstoel gesante; diep in die kernpit van kameel word indigo-rooi in violet verdeel die rookfee met haar rokkie aan […]
vrug van die alfabet (brons)
roekeloos doelloos woekerloos spruit die vrug van lip en pen deurdag bedag soms met ontsag saai maai en verraai ons sonder toom en stiebeuel dawerende woordmeule uitgeroep in paragrawe; verskuild in letterloopgrawe; tog baar dit lewe tongbedrewe of geskrewe folterende waarhede vir gister en die hede laat dit sweef oor jou lippe; bulder vir die […]
vriend
– jou blosende gelaat jou ewig vriendelike oë vermurwe elke kwade gedagte ons vriendskap is van bo gevind ewig soos die roering van die see elke gedagte wat in jou omgaan word ge-ewenaar in my siel saam is ons sterk, kragtig alleen wil ek nooit wees wanneer jy dink het ek reeds gedink – ©Teãrlach
Oorlogs Rubriek vir ‘n soldaat
sy dood was nie… die van ‘n martelaar of een van ‘n vervalde stad sy dood was nie… soos vorige helde gefeesvier op ‘n sonskyn dag. sy dood was nie… sagte vuishoue of stomp messteke of dalende vuurpyle oor ‘n hospitaal besoek nie, sy dood was nie… verniet of doelloos tussen al die puin en […]
Ek vra gisteraand vir God (goud)
Bied my geen hulp maar lei tog my hand ek sien nie meer myself speel in die sand, die blindheid het my verswelg en ek … ek het ‘n karos geneem ‘n karos só groot só alleen, donker en grys iewers het daai wond nooit gesond geword en bloedrooi uitgegiet tot niks wat ek as […]
Woensdag blues (goud)
hulle dra geskenke soos vergete oë- en ons dra ons lyke in die agterstate van woendae rond wat wag op vliegtuie vir gebede na bó ©Morné du Preez