kleur my in
kleur my in jy gaan my rigting stap met my gesprekke kerf die afstand korter ek swerf in die vryheid van jou stem skugter glimlag en oë onbedug die vorm van jou mond laat my beloftes maak met jou satynlag wil ek beter wees wat laat jou verwonderd staan as ek my hartseer vir jou […]
druiwestok
– hierdie wêreld is familie-vyandig haat en nyd tussen lede van dieselfde familie daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei […]
dit is … OKTOBERMAAND! (SILWER)
dit is … OKTOBERMAAND! dit is Oktobermaand! die mooiste maand van die jaar is hier; kom ons vat die pad om kaalvoet deur die maand te stap wanneer Oktober ontplof in kleursensasie “Ek groet jou, o mooiste maand, ek wil jou skoonheid besing – kolkende pers trosse blom hang in nuanses van violet ek raak […]
klatergoud
klatergoud van vroeg droom ek van roem en sukses oorsee om my stempel te gaan afdruk in Los Angeles alles opgepak en afgehandel pak ons die reis aan opgewonde, vol verwagting oor die nuwe lewe oudisies en blink toekoms wink sommer gou kontrak word geteken en hoofrol word toegeken rooi tapyt, flitsende ligte en foto’s […]
‘n Sambreel
– met hoekoms en waaroms bedek twyfel soms my sekerheid my siel reik na geloof sekerheid dring in my en rig my denke – die sambreel van onsekerheid bedek my vrolikheid met grysheid grysheid wat ouderdom beweer asof tyd my lewe kan beheer – in ons lewens is tyd oorbodig geskiedenis het dit kom vervang […]
Nét genade
eers véél later sou ek weet dat net soos wildeblomsade in kliphard gekompakteerde grond dormant, stom lê en wag dat somerreën sal kom ook in ‘n leeggebloeide mensehart ‘n Boesmanland na droogte weer reserweloos sal blom ©️Elize Kruger 1 Oktober 2022
Augustus 2022 – My huis is my woning projek: Kommentaar & uitslae
Baie geluk aan hierdie 13 lede! WENNERS GEDIGTE GOUD: 1 STE: NO 16 – Andries Fourie met Die lewe is ‘n aangaanding 2DE : NO 10 – Caren Kearley met Laaste vers 3DE : GEEN SILWER: 1 STE: NO 30 – Elmarie Nienaber van Kampen met Verganklikheid 2 DE : NO 33 – Elizabeth Bezuidenhout […]
Oktober 2022 – Liriese projek
Beste INKers “As Oktober in violet bloei, loei dit hemelhoog in geluidgolwe wat die herhaling van jou in my laat wikkel en onduleer.” As voorbeeld hierbo ‘n kykie in wat “liriese skryfkuns” kan wees. Die gonswoord vir hierdie maand se opdrag is dus: Liries. Alle afdelings het dieselfde gonswoord as vertrekpunt met geen verdere reëls […]
Vakansie-verkeer en padongelukke.
Vakansie-verkeer en padongelukke. Met die naderende vakansieseisoen op hande duik die kwessie van padongelukke en padsterftes op. In Suid-Afrika en Namibië is padsterftes van die hoogste ter wêreld. Kyk maar na die statistieke van langnaweke of die jaarlikse vakansietye in die land na hierdie statistieke. Jy kan daagliks ʼn koerant oopslaan of die televisie nuus […]
Die sneltrein.
Die sneltrein. Sneltreine is ʼn tipiese passasierstrein wat ʼn baie hoër spoed as ander tradisionele passasierstreine handhaaf. Verskillende lande het verskillende standaarde, in die Europese Unie is dit byvoorbeeld treine wat 125 – 200km per uur of vinniger reis, in Verenigde State is dit treine wat 90km per uur of vinniger reis. Geskiedenis van sneltreine. […]