banaal
gedagtes wat woorde moet word raak uitgedun in die swerm spermselle elkeen in fanatiese stryd om eerste indruk by die vroulike oor-sel te kan maak dit te kan laat reageer, besluit of daar ‘n kans is op eenheid dié spermselle wat stadig is en nie die uterus betyds bereik nie of dié wie se klanke […]
Februarie 2023 BLOU projek: Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 14 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS: 1ste: NO 1 Fanus Strydom met Blouoog brak 2de: NO 11 Marie Greyvenstein met Vryheid 3de: NO 10 Drienie Joubert Kelly met Hulle dink hulle is vry SILWER: 1ste: NO 24 Annamarie vd Merwe met Die bloudruk bevry 2de : NO 22 […]
April 2023 – KLUG projek
Beste INKers Hierdie maand is die opdrag soos volg: DIGTERS: Skryf ‘n gedig is vrystyl; Daar is geen beperking op die lengte van jou vers nie; Die onderwerp is: “rat voor die oë draai” Geen vasgestelde tipografie, rympatroon of styl nie. MENINGSTUK: Skryf ‘n meningstuk in minder as 800 woorde; Die onderwerp […]
Alleen of eensaam?
(Woordtelling : 830) Om alleen te wees beteken nie noodwendig om eensaamheid te ervaar nie. Om alleen te wees is om tyd in jou eie geselskap te geniet waarteenoor eensaamheid of isolasie ʼn emosionele skeiding van die mense rondom jou is, selfs al is jy in die geselskap van ander. Eensaamheid word dus nie […]
Te ver (Goud)
jy met jou laventel nektar en ek met my muskus-soet kambro sit saam op ‘n bankie in die parkie en hoop op wegwysers van bo ons kan mekaar nie eien nie want jy’s (sê maar) in negentien tien en ek moet wag vir nog ‘n oorlog om jou in die hemel te kan sien in […]
As die sonnette begin sing en dans (Engelse sonnet) (Goud)
die dag wat vry vers bloots die rymperd ry en opdis teenoor sinmaak regop staan die dag wat oudig na lam leemtes vry en jambies en sy versvoet huistoe gaan die dag wat letters in hul vlug vervaag en skroeiend songestraf in prosa skuil die dag wat gratis vers die ordes daag en bloedseldiep sy […]
Penneblikkie Liefde
Sy naam bly dalk net ’n dag of twee jy’t die vorige een reeds uitgevee Hulle weet nie eens dis hulle nie Is dit nommer een, twee of drie? “Oxford” sien jy lankal nie meer die blikkie is nou ’n ander kleur passers en boë is net vir oë verblind dié blikkie behoort aan ’n […]
Steeds kaalvoet, swanger en minderwaardig
(Woordtelling : 997) Meestal hou ek nie my asem op wanneer politici praat nie, want gewoonlik moet jy eers hul woorde gaan ontleed en ten minste drie maal vir die waarheid toets voor jy dit kan glo, maar toe President Ramaphosa sê dat “ʼn vrou se plek nie net in die huis is nie”, […]
Integriteit, baie meer as net eerlikheid
(Woordtelling : 723) Integriteit: “Integrity is the practice of being honest and showing a consistent and uncompromising adherence to strong moral and ethical principles and values. In ethics, integrity is regarded as the honesty and truthfulness or accuracy of one’s actions.” Wikipedia Dit wil voorkom asof hierdie ʼn karaktereienskap is wat aan die uitsterf […]
vertigo (Goud)
die gedagtes in my ordelose kop bons hárd teen kant en wal sodat ek duis’lig op die draaiende slingertrap van die lewe ronddwaal