Sangoma
Die dolos het jy gegooi geeste geroep skepsels genooi tokkelossie wag gespeel belieg bedrieg besteel wonder waar kom jy vandaan die pad wat jy verder alleen stap ken iemand ooit jou naam kan jy jouself verstaan kwaad is jou oë boosaardig jou gesig gif in jou hart spoeg jy slang jy misbruik mishandel die mens […]
uitspanning
na inspanning kom uitspan die geruis van bande die reuk van petroldampe die warm lug van die ry maak motor bedompig na ure se ry die verwagting ma se hoender boutjies die gebakte aartappels bruinbrood toebroodjies slaaiblare om alles vars te hou die kosmandjie met ‘n jammerlappie kyk ons kinders myle uit om […]
op ligter noot
skadu volg my onbewus daarvan strompel ek voort helder die kloppende ego in my hart geluk volg my diep in my hart beleef ek intense beloning op wat ekself gee ©Teárlach.
DIS JOU BEURT
Dinge loop skielik in jou lewe en dan wonder ons gewoonlik hoekom dit so is. Dis nie die dolosse wat nou verkeerd val en jy is ‘n slagoffers nie, nee karma het jou adres gekry en bly nou daar tot jy reg gemaak het of jou les geleer het. Die lewe het net een reël […]
Stof Reën
ń stof bank rol oor dorre veld en vervaal die blou lig in rattel vensters geraam wind valkies vee draai sterte en duik vir bloekombos die koppe sak laag gereed vir die aanslag in die warrel wind lê ook my stofpad na ń plat sinkdak met die vensters toegesluit die stof sak ouma kombers sag, […]
Ongemak
die tafel is gedek sitplekke noukeurig toegeken pro rata versprei, gesels en stug rang en onbeskof, doelbewus geskei profesioneel is vanaand gereël iemand gaan dit geniet my oë dwaal oor silwer eetgerei langs wit porselein my ore hoor gedempte neutrale gesprekke hul tande flits identiese wit tandepasta reklame my kop verdwaal in eie stil debat
Die geskenk van oud word
In die skemer van die lewe se dag, stap ons stadig, sonder vraag. Die jare kom en gaan verby, en ons kyk terug met ‘n sagte sug. Die lyne op ons gesig vertel ‘n storie, van elke lag, elke traan en glorie. Die hare wat grys word, so sag en stil, ‘n herinnering aan […]
Gesoek: Een geheue
Soms laat ek myself totaal en al verstom deur ‘n groeiende simptoom van die gejaagde mensdom: ek reken al te graag “Ek sal dit nooit vergeet” net om ‘n paar dae later my woorde op te vreet daarom maak ek planne deur ‘n lys vir als te hou net om die neersitplek van die lys nie […]