God se handwerk
Vader ek sien die lug, kleurvol met hoop van prag. U goedheid en grootheid hoe ek na U smag. Die lug met sy ere kleure wat u hande werk wys hoe asemrowend en groot. U wys wat mense nie sien maar ek sien en sal u dien. U Vader se skepping is groot, pragtige mooi […]
Leer my sien
Ons God, Ons Vader Leer my deur u oë sien leer my om U te dien. Vader, leer my u hart leer my bid vir die met bitterheid en smart. Leer my, maak my soos U wil. Om mooi in almal te sien soos net U. U is die beste leermeester wat ding uitwys met […]
Terug Verlang
Hoe my hart terug verlang na al my ou vriende, die lekker lag, hartseer en kuier, die vriendin die leier, die vriendin die een wat bemoedig, die nar van alle barre vol van stories en grappe. My vriendinne my hart Hoop ons kan spoedig weer ons vure laat brand.
Grieks in Afrikaans
Ek leef in Afrikaans vol giggelgolies en poenankies uit die Boland wanneer die sonbesies kir- kir – kor Wanneer toeternoelies in my hart kom lê En ‘n koekemakranka iets vir my kom sê ‘n Hus met lang ore want ‘n onhehude kind is gister gebore My honde Kwagga en Patat het ‘n onderonsie met die […]
koud (Goud)
jou wang was koud so koud (baksteenmuur-koud) en onverwags hard jou keerwalle het verkrummel die aanslag was net té fel maar jou koue wang het nog trots en sterk soos ‘n hoeksteen bly staan
Brief aan ‘n vriendin
Daar’s storielyne oor jou gisters as jy jou sonskyn na my toe draai In jou donker onbekende ruimte skyn ‘n melkweg deur jou siel se vensters Bring jou sterre lig vir die reisigers deur jou stad Ken jy die pad na die Vader se hart So ek gee vir jou ‘n Protea om jou te […]
Om aan te hou
. Ek sal aanhou dans as dit donker word Tot die môrester weer in my hart opkom Tot die swaeltjies weer op my leë stoep nesmaak Totdat ek die oase vind in my woestyn Ek sal aanhou sing al is my liedjie klaar Op gebroke mineur my kop draai na die son My esens stuur […]
Sterrekyk
Jare gelede het jy beloof jy gaan my eendag weer kom haal jy sou inry op ʼn groot wit perd met sieraad, fleur en ʼn glinster saal ons sou dans deur die sterreryk, duik oor golwe van silwer en goud met die Suiderkruis die hemel uitmeet en die geheim van die heelal ontleed jy, […]
Die vele ballades en inrigtings van tyd
Wat soms benewel is – Daai tipe verwarde gevoel, ‘n deurmekaar dubbelspel in lewe se tyd van ballades, hunker uit die son se skadu wat uit vêr verledes seil hier kom jy op ‘n bepaalde vasgestelde – jou “assimilasie” na vele inrigtings, van hulle is jy aanstuur sommige trompop hol onderste bo toekoms opfokkend met […]