Seisoen-stof (Silwer)
Seisoen-stof Tyd sluip soos skadu’s langs ons in stilte gly die ure verby ongesiens … traag hy dra herinneringe, hy dra verlange sy voetspore verdwyn in die stof warrel en waai in die wind. Ons kyk terug na wat eens was, baie gelag, baie gehuil ou spore deur die jare verwond, gebreek … vergeet, […]
keratien
op my voete, waar die gewig rus, my tone se naels, droog en broos, soos breekbare plate, breek maklik los as ek hulle nie met liefde versorg nie hul keratien, soms pienk of geel gekleur, krummel en val, soos somertrane lank; maar wanneer hulle gesond is, o so mooi ek stap, om ‘n rots, […]
(on)verganklikheid
vanmôre glooi sonskyn oor verlate see, en ons vergeet hoe vinnig alles verbygaan. wingerd se blare val, die storms kom en gaan, wat bly, is net ‘n oomblik se skaduwee van verlede berge bly staan, sterre skyn aan helmeltrans, liefde bly bestaan, ook wanneer ons verbygaan. want in ons hart, waar geheue […]
Dansmaats
my sweet bars uit sonder oefening my mond is droog sonder waternood en my brein staan stil as ons stadig langarmdans jou sweet bars uit in oefening jou mond is droog in waternood en jou brein flits rond as ons vinnig losdans los of saam dans is wat ons gloede bepaal al is die uitkomste […]
lewe langs die grootpad (Goud)
die vee en die hoenders wei houtgerus ‘n hanetree van die geelstreep kinders spring tou en speel draadkar-draadkar met stowwerige wange en kniekoppe in die boksies gaan die lewe aan en elke ses-en-twintig sekondes word ‘n kind gebore © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
Mallemeule
mense staan tou binne en buite die mallemeule ongeag van die elle lange rye klik dan gretig vir die duur toegangs geld anderkant die hek kom sjinese speelgoed die popcorn, gooi die pop tergelyk met vele angsgille uit die mallemeule en ek dink monde kon vanaand bietjie geëet het uit my onbesonne bydrae aan die […]
Sand Was
sand vang sonstrale in klein golfies oor reuse hope dwing voete in ń wilde dans oppad na lafenis sandkorrels gly glad deur tone van voetsool brandskuur ou vel liefderik af warm sand, koue water dans ewig onrustig saam waar moeë voete rus wil vind ons voet vastrapplekke waai die winde plat en was die glofies […]
Verlore Geslagte
die bakeliet telefoon ń naslaan *Rolodex langsaan die Western muurhorlosie se meganiese getik het toe aksie bepaal voorraad is opgebou vir daaglikse en môre se nood vir plooie en gryskop se boeppens maag wat nou bekommer oor volgende geslag voorrade is egter nou tydloos in gesiglose kripto spasies versadiging word in geuber en werk is […]