gee en ontvang
om te ontvang is ‘n voorreg dankbaarheid te wys ook net eg jy kan nie gee as jy nie kan ontvang jou kledingstuk en die ander wang jou lewe te leef as Sy kneg © Tearlach
ek spesiaal
wie is ek armsalige gees wat maak my spesiaal is daar iets besonders in my ek is ook maar net mens tog is ek deel deel van die kroon van God se skepping bedoelde nageslag van Hom deel van : “Bruid vir Sy seun” God het mense na Sy beeld geskep voor […]
Jy was die wind onder my vlerke
Jy was die wind onder my vlerke Intro onder my vlerke was jy die wind waarmee ek die regte paaie kon vind jy was vir jare die kompas op al my weë jy’t die rigting wat ek moes volg getrou gegee Vers 1 in al my drome verlang ek na jou wil jou […]
on-om-won-de
gedienstig, gedwonge, gedweë soos gedeë koper gemyn vind ek my treë op sand skoon soos ragfyn rok silwer rand van genade progressiewe mutasie in regressiewe staat ewigheid verbind aan Maan se krag so stap ek aan onder strale van ‘n Maan wat groei en vergaan © Tearlach.
perspektief
die mens het dit gemaak die Skepper het die mens gemaak jy kan nie deur geleerdheid alleen tot God kom nie selfs al volg jy die weg van apologetiek slaafs altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat ‘n vraag vra iemand wat jou belaster wat jou hoop en geloof bevraagteken […]
Die storm wat woed
oor die vlaktes kruip die nagskaduwees nader in die verte soen die geelglansson die horison om oor die Namibiese aarde silhoeëte af te ets ontplof die goue strale oor die aarde se buik en terwyl windpompe ritsmies polsslag galop swart skaduwees golwend oor die duine tot die storm die aarde genadeloos kasty net so […]
My woorde in swart ink sal voortleef
My woorde in swart ink sal voortleef ek bid dat my brein nooit sal faal sodat my gedagtes altyd in die selgange van my brein sal ronddwaal sodat die letters en woorde in swart ink vir altyd op papier sal voortleef met die hoop dat my sinne sal voorttrippel tot reëls wat met heuningsoet […]
Afrikaner se Arbeid Adel
Afrikaner se Arbeid Adel Afrikaner, eendag eendag lank lank gelede het jy in geloof spore in die sand getrap met perd, ossewa, seer voete oor berge getrek gevlug van onderdrukking met God en gebede om in nuwe toekoms vir jou nasate uit te kap Afrikaner, jy’t gesien spiere bult en swepe swiepend klap gehoor hoe […]
maar net ‘n mat
op hierdie vloer lê mat so sag elke stewel vind sy pad en lag deur sy vesels waai sagte wind in huis waar liefde hom verkind wat sagte geheime dra van mag © Tearlach.
Die Kaapse Dokter
Die Kaapse Dokter jy bestorm die Kaap gewetenloos en volstoom met weervoospelling wat dae tevore oor jou waarsku jy, die winterwind is koud, skraal en smoorkwaad terwyl die beeldskone Kaapstad sonder teenstand met afwagting op jou geweld en vernielsug wag selfs met elke voorbereiding en rampbestuur kon niemand oor jou spierkrag droom netwerke […]