waarmerk
hiermee verklaar ek voor almal dat my gedigte en skrywes eg is dat dit nie plagiaat is nie afrikaans is so ‘n mooi taal vir digter en skrywer wonderbaar daar is net soveel woorde daarin vervat dat enige skrywer of digter iewers iets wat voorheen al deur iemand anders gebruik was – sal […]
DRINGEND!! ‘N MOET LEES VIR ELKE INK LID ASB!
INKers Daar is `n gesegde: “Die enigste blywende ding is verandering”. Dit is `n gegewe, maar verandering hoef nie noodwendig vrees te skep nie, maar kan eerder as vernuwing gesien word. Die bestuur beplan om die volgende veranderinge te maak wat die projek kategorieë behels: 1. Daar sal slegs 3 kategorieë wees vanaf die […]
Vrugpluis |© Ricco |
Ek maak hierdie vrugpluis, wat jou liefhê in my kom plant het; so al lepellê groot – dit kriewel agter my sternum en ek asem moeilik diep, want ek is bang; bang dat ek sal verjaag wat ek nie ken nie; bang dat vol longe teen die wande sal pars en seermaak wat broos is; […]
Plaaskinders
Plaaskinders Plaaskinders kan op ‘n myl uitgeken word. Die seuns se hare is gewoonlik kort en hulle hemde is ingesteek. Die meisies is onopgesmuk met blosende wange en vellies aan hulle voete – selfs met hulle matriekafskeid. Hulle stap fier en regop en het goeie maniere. Hulle toon respek teenoor ouer mense en hulle sê […]
Om innig jammer te voel
Ons weet vandag almal dat die Bybel aanvanklik in ’n Hebreeuse Ou Testament en Griekse Nuwe Testament geskryf was, waarna dit in verskeie ander tale insluitend Afrikaans vertaal is. Voorts is daar vandag ook verskeie Afrikaanse weergawes van vertalings van die Bybel. Derhalwe is dit nodig om soms terug te gaan na die oorspronklike grondteks […]
Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 10 lede! Wenners: Gedigte: BRONS: 1ste – NO. 5 Coenie Horak met Verootmoediging 2de – NO. 18 Retha van Deventer met Stofpad 3de – NO. 7 Coenie Horak met Lankmoe ( r )digheid SILWER: 1ste -NO. 14 Hester Steenkamp met Vuurvonke GEEN GOUD: 1ste – NO. 9 Andries Fourie met Reën […]
Witverf
swart verfkwas is ń wit punt in ń blik wat mik na bruin hout balke grein baklei streep streep, bruin terug te kry onder spier wit swart verfkwas is ń punt wit in ń blik wat korrel na vaal mure rondom nuut geverfde wit gekleurde mure verbleik gou gou onder stof hout, mure, hare… word […]
Wagkamerboeke
in wagkamers opgekrul lê ontspannings lektuur waarin benoude hande uitweë soek in reguit hout rakke vervat in leer omslae word skyn wysheid uitgestal beskikbaar teen ń prys in blink elektroniese portale uitgepak in onbeperkte genre vir ongehinderd luister met witgeruis* in lendelam rakke uitgestal in muf huise lê gister se boeke almiskie ń gedig en […]
ONSTERFLIK (GOUD)
“Love is a symbol of eternity. It wipes out all sense of time, destroying all memory of a beginning and all fear of an end.” – Madame de Stael moet dit nie weer vir my sê nie ek wil dit nie weer hoor nie my asem slaan weg elke keer as ek dit die eerste […]