Ode aan my broer
ek sien jou nog as kind met jou blonde kuifie wat selfvoldaan wip in die wind die ondeun op jou gesiggie wat van die ewe onskuld blink wanneer Pa ons berispend nader wink ek voel nog jou oë weerkaats in myne soos spieëls waarin ons samesyn vasgevang is in woordelose gedagtes van broederskap ek hoor […]
krea(tief)
“Kreatiwiteit kom van God af omdat Hy die Skepper is” die vermoë om iets nuuts te skryf dit is nie noodwendig oorerflik nie Plato het gesê dat inspirasie ‘n soort waansin is Leonardo da Vinci het gesê: “leer put nooit die verstand uit nie”, en: “Die edelste plesier is die vreugde van verstaan” […]
Die Koffie Winkel
Die winter oggend is koud buite die groot glas vensters van die koffie winkel. Die vroeg oggend winter son hang nog laag in die ooste. Daar is nie ‘n teken van enige wolke in die lug nie, tipiese hoëveld winter. Ryp lê spierwit op die winkelsentrum dakke. Die straat buite is besig met die gewone […]
re-patrieër
toe jy anderland omarm het het almal jou gedra in gebed het jou kinders generies oorleef jou waardestelsel almal laat beef sal jul eendag ons land kom ontset Ó Tearlach.
Ruimte Vraag
uit sterre wolke trek swaartekrag liggame tot ontmoeting skokke dat die lig spat brose gesigte staar uit donker kolle en eureka oë soek in massas vir die ontmoetings flits ontmoetings ontploffings golwe deur inner en kuber ruim die koue ligjare en ń oogopslag ver maar wie is die skakelaar?
Vriend
in eenvoud dra almal jou om die beurt soos jy ons met sorg alleen gedra het klein gestalte man wat bekommerd vra hoe die familie by name besigheid by getalle gehelp kon word die ryding dilemma om oor die stuur te sien om vrou en kinders veilig by die shul* te kry sonder kleiner geeste […]
Sprinkane
een een kruip larwes uit eiers groei tot derduisende lopers wat alles groen vreet bruin kaal en dan hul vlerke sprei individue verdwyn in sonskerm swerms verslaaf aan die gesamentlike mag verander in velerlei kleure tot homogene bruin uit ou ou stories groei geloof diep gewortel eers beperk tot enkel ń stam versprei dan in […]
Dobbelsteen
in die middernag uur flikker ligte op ń verkeerde kol skyn op stof bossies geruk uit hul rus in die koue veld rooi oog blou oog flits helder die hulp stewig op die pad se rand dan skop voete stof na die kantel wrak binne die harderaam ń stil postuur, lewenskake ruk oop verlos die […]