idille (Goud)
laat my lê in die skadu’s van baldadige boorde geseën deur die son en reën wat geval het toe dit moes waar dit drup van die lewe se melk en heuning immersoet tussen blomblare opdam laat my wees waar tyd se gang tydsaam en moeiteloos die laaste asem laat gaan het waar my wese […]
Vrywillig vergiftig Goud November projek
ek drink jou son deur ‘n fynstrooitjie, stadig versadig ek my aan die soetwarm kleur ek verloor my in die ritme en die pols van jou stilte waar sonbesiekore die dag begroet die Bosveld is ‘n swartmamba, sy gif verdoof die stad in jou, en wanneer die volmaan jou ‘n sopie skink, […]
Adam Goud November Projek
ek is mens ‘n chromosoom in die matrix vermenigvuldig twee maal twee maal twee gevorm; gespreek die woord word mens word ‘n lewende wee ek is mens ‘n entiteit in die ewigheid ‘n genoom, genetiese DNS, spikkelgeen drie-en-twintig hoofstukke saamgevoeg in een ek is mens ‘n lewende organisme selle wat soos ‘n legkaart […]
perskereën
vlugvoetig stap druppels skielik sak dit uit oor dorre sand vetplantjies krul van plesier my hare sommer gou klam my ore verkluim oor ysige stukkies harde water wat op my smelt vrug van koue suidooster vir oulaas kom om belofte te vestig van groeisame seisoen breek sonstrale deur verander dit druppels in skiterende diamantgesiggies […]
Curriculum Vitae
My naam is: Trots My van: Afrikaans My stem: ’n ‘Magtige dreuning’ My identiteit: Gegrondves ‘met kreunende ossewaens’ oor berge deur dale deur ‘vêr-verlate vlaktes’ My herkosms: Is oor die ‘diep blou see’ ek sit nog op die A,B,C bank maar ek is uit goeie hout gesny My ondervinding: Is idiomaties ek is ‘n perd […]
kreukels
“in die kroes van jou kreukels neem jou sagte antwoorde die grimmigheid weg” stropers oes daagliks my woorde uit gedagtes nognie ontvou wat my laat struikel oor die klawers van my drome ontneem my die uitkoms bedink ek beplan ek dit in katas wat speel voor my aangesig verby selfs in meetkundige […]
Emeritus (Brons)
Emeritus (Snelsonnet) Selfgenoegsaam statig,stillig gestoel sy blik vlek soos swak grimering op ‘n lyk sy tenger teologiegraad van gister blink as die gaste dominee! laat opklink hy lyk nie meer seker oor die NG Kerk se god einde ten laas, sal ons gesprek begin te vlot … (C)MCH
Die dorpsmuseum (Brons)
Die dorpsmuseum (Brons) Die drie stigtersvaders verweer ononderbroke en wees in hul ovaalbestek gesuspendeer teen ‘n kleurlose kalk kerkmuur en gluur grimmig na die laaste gas […]
blomme
blomme is glimlagte op aarde sonstrale wat tussen skaduwees dans grysheid van my bestaan met kleur en geur vul rose en lelies vertolk die wispelturige vrou simbool van skoonheid en onskuld met roosblare, sag en fyn unieke glans in haar oog met dorings wat beskerm blomme sing oor hart van natuur vaardig om […]
EK EN JY
EK EN JY Ek en jy kan nie ons ouers kies miskien had hul mekaar rêrig lief dalk was dit net ’n ou foutjie en siedaar, daar skreeu die outjie! Of mskien ’n woeste verkragting onwelkom maak jy jou opwagting! So begin ons die lewensweë ons is hier…sê die eerste skree… is jy […]