Gamkaskloof se kronkelpad. Goudklas
Wie die slimjan is wat vir Charles gesê het die Hel is ‘n moet op ons emmerlys, kort ‘n klap. Kyk mooi was nog nooit lelik nie, maar mooi kan ook gevaarlik wees. So pak ons mos op dag drie of dalk vier, (ek is nog steeds getraumatiseerd so ek wil nie onthou nie) […]
Gebed van n sondaar
Dankbaar kom sit ek voor U my Heer, soveel wat ek nog moet leer. Here, die oordeel kan ons as mens nie keer Tog doen ons dit self keer op keer. Dankie vir genade uit U hand Amem Ryno du Plessis
Toe Lenie nog kon lag
Brood en beskuithet sy geknie. Eina het sy gesoen met n pleister verbloem. Vandag Vrou alleen, sonder kind of kraai, kan sy haar eie pyn nie verdoem Ryno du Plessis
Nog net een besoek
Sak en pak was ek afgelaai “pappа,ons kom maak gou weer n draai.” Dae, weke, maande, nou al jare, steeds sit ek in my sliwer jare. Pappa sal aahou wag, vir daardie dag. Al is dit nog net een besoek sal ek op jou wag Ryno du Plessis
Salomo se slim
Onder hierdie son is daar niks wat jy nie ken. Beter as beste, niemand kan jou leer. ń Gesprek begin, jy maak dit klaar met jou eie slim. Met jou jas vol gate, glo jy vas dis diamante. Met al jou slim, bly jou beursie steeds vol gate. Tyd kom en gaan, maar jy bly […]
Geduld van skottelgoed
Geduld van skottelgoed Kombuis silwerskoon, blink soos n goue kroon. Verlore kakkerlak draai om in sy spoor, niks meer vir sy magie oor. Vroeg begin die dag, wakker geword met nuwe moed en krag. Lepel in die laai kom maak sy draai, koppie in die kas, kom staan ook vas. Voor die haan drie keer […]
Die son se blom
Gesiggie na bo gedraai, groei jy tog so fraai. In wind en reën, bly jy staande op een been. Van geloof en genade leer jy ons, te glo dat die skepper wel sal sorg. Altyd met jou kop na bo gedraai, maak nie saak oor die wind wat waai. Blom van die son, leer my […]
Tronk in my kop
Tronk in my kop Swaar ysterhek klap toe,die vonnis is lewenslank. Spoke van gister het hul genadelose klag kom lé. Stemme raak ontelbaar, die mure gebou van staal. Uitkoms is daar nie, slegs die hoekie tussen die spoke van gister. Hier in my kop se tronk. Ryno du Plessis
helder
skitter wit skyn tot in my siel nog een dag, vandag dankbaar luister ek dan na voëlgesang en bid ek dat elke nuwe dag se lig soos vandag se skrynende helder lig, deur duister sal breek – op my pad oor my duine en seë elke golfie se wit soom om my voete […]