Outa
Outa Op jou rug het jy my gedra, tussen duweltjie en gebakte sand, doer ver in Kalahari land. Net nog bietjie reën moet die Vader ons mee seën. Op jou donkie kar, die kalahari koets, het ons gery, vêr oor die hele kontrei Naby die Kameeldoring by die draai was jou huisie tog so fraai, […]
Sossusvlei
Sossusvlei Jy praat sonder woorde, los die wêreld stom. Jou duine brul soos, n honger leeu. Eens n vlei gestop deur die wêreld se grootste duin, met sy bewegende stert. Steeds leer jy ons n lewens les, maak nie saak wat die lewe mag bring, daar is altyd iets om oor te sing. Ryno […]
Net nog een
Net nog een Nog net een dan is alles beter, gister vergete. Belowe dit is die laaste een, dan sal ek myself speen. Dalk een te veel, een te laat, hoe sal ek dan maak. Die vrede in die bottel, verborge eers dit wat verbrokkel. Ryno du Plessis
wenning
kom-pe-ti-sie wen jy die koek wen jy ‘n pop by tombola kom-pe-teer wen jy respek word jy skatryk by die Lotto in-skry-wing hardloop jy saam aan lewenswedloop wen jy vertroue eer-ste-kom gaan jy voor wees vroeg daar arriveer eerste jou kop neerlê vier elke klein wen geniet elke klein […]
Rooi was die maan
Rooi was die maan, met kaptein Rooies selfvoldaan. Storms het gewoed, maar Rooies hou nog moed. Die laaste brander breek,Rooies se skip het gebreek. Al wat oor was, is sy troon uitgespoeg van die oseaan Ryno du Plessis
Koppie van verlatenheid
In my wildste drome sou ek nooit kon dink dat daar uit my bodem sou verrys ’n koppie waarop ’n kruis gaan staan wat na die hemel wys uit my stof is Hy bestel en met God’s asem opgetel die glorie van Sy bloed het gedrup op my bodem gekleef aan elke korreltjie van my […]
Introspeksie
ek blaai deur die gesigte van my gedigte sien verdoeselde drome in my rympatrone vorm elemente van rymdwang in die enjambemente van my sonnette in segmente van woordaksente in my sekstette en liriese koeplette herhaling van konsonante en vokale in my liefdes-ballades en epiese odes ek lees die metafore in my spore van onthou soek […]
pole
gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig denke, drome, gedagtes emosie spoel oor my soos die seeluggie saggies oor my duin waai soms rukkerig, soms stormagtig en swoel bring dit die soutsmaak oor my lippe van die oseaan se reuk en bestek rustend, lê die geil woorde en wag vir eerste dag van nog een […]
Kerk of grasperk? Goudklas
Kerk of grasperk? Bergpredikasie. Een woord. Grasperk gelowiges. Toe onse Here daar op sy klip preekstoel tussen die dorings gesit het. Daardie dag was daar geloof. Geen klipmuur of glasvenster nie. Die hemel was Sy lig en die berge en Bome sy skanse. My kerk gebou is mooier as joune. Sommige predikers spog met […]