Die bok in die snoekerkamer
Toe Lien regs draai, dink sy sy stap terug klipgrafte toe. Sy kom net tot by die eerste grensdraad se hoekpaal. “Mevrou Meiring!” Saara se stem sny oor die oop stuk grond soos ’n mes deur warm brood. Lien draai om. Saara staan by die klubhuis se agterdeur met ’n vadoek oor […]
Sy was Herfs gewees
Sy Was Herfs Gewees Haar groot bruin hoed, met blare bedek. Bruin, geel en oranje, met ‘n takkie wat uitsteek, amper soos ‘n veer. Haar jas so lank, dit het gelyk asof sy sweef. In die woud het sy gewoon. Sy was alles behalwe gewoon. Jare het diep lyne oor haar gesig getrek, ‘n kaart […]
Oom Tollos van die ligtoring
Oom Tollos van die Ligtoring Groot groen oë, soos waterpoele. Die lewe lê geskryf op sy gesig. Jy kon hom van ver af ruik, ‘n mengsel tussen paraffien en die see. Met ‘n lamp in die hand, kort op die been, ‘n man op wie jy altyd kon steun. Van vroegoggend tot bitter laat saans, […]
Bettie Haasbek
Bettie Haasbek “So stel sy haarself gemaklik aan almal voor.” Sy was kort en rond, met ‘n humorsin so gesond soos haar lag. Daar naby die stasie, teen die hawedraai, het sy gewoon, skuins van die ligtoring af. Tant Bettie kon vetkoek bak, met ‘n kerrievulsel van ‘n ander soort. Só het sy haar brood […]
Julle 2026 DIS NOG NIKS… LAAT EK JOU VERTEL projek
Beste INKers, Hierdie maand gaan ons ‘n semi-oop projek aanpak. By semi-oop bedoel ek, daar gaan geen voorskrifte wees vir konstruksie nie, maar ons gaan ‘n tema behandel. Die tema is: “Laat ek jou vertel …” Ek glimlag altyd as daar iets in ons lewens gebeur en ons die anekdote wil oorvertel, dan is sommige […]
Vallei van ‘n Duisend Heuwels (Goud)
It is said that the American Author Mark Twain was traveling…in 1896 (and) glimpsed out through his train window at the beautiful landscape and remarked to his colleagues that there appears to be “a Valley with a 1000 Hills in it”, somehow this name stuck. Op hierdie stuk aarde het erosie mooi gemaak en ‘n […]
Gatsrand #silwer
Gatsrand Ag moet nou nie maak asof jy nie van Gatsrand af kom nie, niks van niemand weet nie. Daar waar die goue steentjies wegkruip giggel geel graan golf oor Gatsrand en berge en dale kartel soos plooie. Gatsrand kry sy lêplek teen die Witwatersrand suidwes van die Goudstad waar boere en myners hand aan […]
Melkbos
Die eerste ding wat Lien Meiring in Uis leer, is dat hout ook kan doodmaak. Sy staan langs die pad waar ’n ry klipgrafte laag teen die grond lê en tel hulle sonder om haar lippe te beweeg. Een, twee, drie. By elf hou sy op. Die wind waai warm stof teen haar kaal enkels […]
Die man sonder naam
Die Man Sonder ‘n Naam Dit was bibberkoud, daar in die Stad van Goud. Die trein het pas gestop. Moeg en verdwaal, my mense het vergeet om my te kom haal. Met koffie in die hand staan die man met ‘n outydse pet, serp en jas. Snoesig toegedraai, maar die koue kleef aan sy neus. […]
Lisa
Lisa Haar ouers het geboer doer diep in die Suide. Gras was skaars, die klippe swart. Stof het in boë gestaan en die windpomp het steeds droogte beleef. Lang bruin hare, effe gekrul. Ek wens ek kon die kleur van haar oë onthou, maar hulle het net geweet hoe om grond vas te staar. Sy […]