My boekanier
op die wieke van ‘n boekanierskip
is my liefde deur jou gekaap
daagliks hang flenter emosies aan die mas
vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn
wapper jou ruwe seerower dors
op elke asemteug wat klop-klop
in die holte van my bors
op soet klanke van ‘n vroetelwind
wat dwelm en bottelnek trek en dan
skuilte soek in die kuiltjie van my nek
word jou liefde bely in die mooiste neurie-klank
wat sag vlindervlerk in die skulp van my hoor
en guitig oor my vel hoendertrek
teen jou bolyf wil ek my honger en dors les
nagmaal met genadebrood breek en wyn skink
in die amber van die son wat perske oor die dag
terwyl ons wegvaar oor die oseaan wat wink
net ek en jy met jou boekanier hart
@ Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-

Loretta Szikra
Wow Anze, ek stem met Neels. Dit is wraggies hoedervleis mooi. Dis is so lekker om weer jou werke te lees. PRAGTIG!!!
-

Viooltjie
Pragtig, Anze!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
hoendervleis mooi Anze. ek is absoluut mal hieroor