Jongste aktiwiteit:

Wag-speletjie

ek dink vandag aan Pa
hier waar reënspoortjies
teen dowwe vensters afloop
loop ek terug op ons voetspore
in gebroke sand
verby hierdie grys dag
in mistigheid gevou
en ek verlang –
verlang na my gouestroop dae
wat so stadig verby kon draal
terwyl ek vir Pa se voetstappe wag
op ons stoep
huis-huis gespeel
in die ondergaande son
my dag skielik bottergeel
as jy pa met jou blou lag-oë
eindelik huis toe kom
ons behaaglik kon terugsak
in ons gunsteling stoel
met die reuk van jou tabak
in my veilige hawe
was ek ‘n prinses en Pa ‘n reus
wat my wegvoer met jou stories
van prinse en konings
en ridders en hul glorie

op ‘n reënerige dag
soos vandag –
het dit donker geword
ek het gewag
maar Pa het nie gekom
net jou voetspore was nog daar
en al die goue dae was vir ‘n lang tyd grys…
met baie reën spore
teen die vensters waar ek vir jou wag

EK WAS NOOIT WEER JOU PRINSES
EN DIE REUK VAN TABAK…
LAAT TRAANSPORE




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed