Na Mara kom Elim
Voëls trek ongesteurd oor ons koppe,
ons stap saam deur die groen velde
waar ‘n voëlverskrikker alleen staan,
terwyl hy stadig maar seker vergaan.
Tussen die blomme geweef van geluk,
en ‘n wind wat aan die hare heen pluk,
waar horison vergeel en die nag vang,
daar is jou glorie vir ewig vasgevang.
Tesame sweef ons oor die hoë berge,
oor plato’s, grasvelde, verby verderwe,
weg na soetland van wyn en heuning,
waar die son skuil na sy verdwyning.
Ek sien ‘n paradys van geluk sonder juk,
waar ek en jy mekaar vir ewig verheerlik
in die nag met sy geheimsinnige gloed,
tot die oggendson, ons vriendelik groet.
Wanneer ek hierdie geluk met jou deel
en met sagte woorde jou hart streel,
dan sing die Engele om dit te beaam,
met onkritiese lofbetuiginge . . .
16/03/2017 © C. du Plessis
Na Mara (bitterheid) kom Elim (soetheid) –
op bitterheid volg soetheid in die lewe.
2 Kommentare
-

Elroux
Pragtige gedig oor die soetheid van saamwees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig geskryf Casper