Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou
‘n broodjie saam met die visse
van ‘n kobaltblou see
dan buig ek stom en skep bakhand
uit die Eufraat se vloed
dat die son weer
oor jou geluk sal gloed
‘k doop jou met die hoopvolle wete
dat jy kan vergeet om te onthou
dat jou seerkry in die kring
van ‘n bleekwit maan sal verflou
en die doringkroon in spore
van aanbeweeg sal kerf
sodat jou onheil ook
in misgeboorte sal sterf
as die voorhangsel
dan bevrydend
in lettergrepe skeur
weet dat niks sonder God
se vingerval gebeur
daar sal weer ‘n nuwe dag breek
waar jou hart sal ophou treur
so ek offer vir jou
in Vrede van Bo
‘n beker wyn (en)
genadebrood vir jou alleen
mag dit vir jou wees
tot ewige seën
©Anzè Bezuidenhout
6 Kommentare
-

Evelyn van der Merwe
Ek vereenselwig my hiermee. Pragtig gepen.
-

neels claasen
Anze hierdie werk beteken vir my baie in die opsig dat dit my aan die nagmaal herinner
-

Kiekies
Puik vers, veral: as die voorhangsel dan bevrydend in lettergrepe skeur weet dat niks sonder God se vingerval gebeur daar sal weer ‘n nuwe dag breek waar jou hart sal ophou treur
-

Cornien
daar sal weer ‘n nuwe dag breek waar jou hart sal ophou treur .... Raak my so diep, danke!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goes gedoen, Anze. Dit klink goed as ek dit hardop Lee's :-)